Gepubliseer op Lewer kommentaar

Tuintake vir Julie

Dagsê Lesers,

Hier volg weer ’n nuttige lysie van tuin take vir Julie.

KRISANT_MAROON

In die groente en kruie tuin:

Plant:
Ertjies.

In die blomtuin:

Plant:
Afrikaners, netels & duisendblad.

Ander tuin take:

• Verdeel digte rabarber polle en plant oor.
• Maak steggies van granate en vye.
• Plant ’n paar winterblommende aalwyne.
• Herstel van tuingereedskap.
• Verf blompotte.
• Snoei rose en verseël snoei plekke met ’n seëlaar.
• Snoei vrugtebome en spuit met kalkswael. Koop altyd vars kalkswael aangesien laas seisoen se kalkswael hulle krag verloor het.

Lekker tuinmaak!

Mariette

Maak 'n opvolg-bydrae