Bloekom bome sal jy oral in die platteland aantref rondom plaas huise en vrugte boorde met die hoof doel om as wind skerm te dien.
Die gewone bloekom boom (Eucalyptus globulus) oftewel die blougomboom kom oorspronklik vanaf Australië en Tasmanië na Suidelike Afrika gebring, waar dit in kommersiële plantasies aangeplant was vir die verbouing van hout, pale en vuurmaakhout.
Die nadeel van die Bloekom boom is die feit dat hy besonders baie water gebruik. Maar behalwe vir hierdie een nadeel is hierdie baie geharde bome, wat eintlik enige plek en onder enige kondisie kan floreer. ʼn Kenmerkende voordeel van die Bloekom is dat hy ʼn uitstekende lug-suiweraar is. Kleiner, meer hanteerbare variëteite is reeds ontwikkel wat ook aan die Eucalyptus Globulus familie behoort soos die algemene “penny gum” (Eucalyptus gunni).
Plant en Groei:
Die Bloekom kan gepropageer word deur middel van saad of knipsels
Voordele van Bloekom:
- Insek weerder
- Pynstiller
- Antibakteries
- Virus werend
- Anti-inflammatories
- Ekspektorant
Kruie Apteek:
- Om ʼn medisinale tee te stook kan ʼn koppie kook water oor ʼn kwart koppie vars Bloekom blare gegiet word. Laat die tee vir sowat vyf minute trek, suig dit deur n tee siffie of plunjer en geniet dit of net so of saam met ʼn bietjie heuning.
- Drapeer n handdoek bo-oor jou kop en asem diep in die stoom wat afkom van ʼn stomende water bad met ʼn paar druppels Bloekom essensiële olie. Dit sal help om verstopte sinusse en toe neuse te open, slym hoese en benoude borse te verlig. Maak asseblief seker dat jy jou oë teen alle tye toe hou.
- Bloekom essensiële olie kan gevoeg word by warm amandel olie in die verhouding twee druppels bloekom olie vir elke tien druppels amandel olie. Wend hierdie mengsel aan die bors om die lugweë te open. Hierdie mengsel kan aangewend word aan die sinus areas om pyn te verlig en kongestie te bestry. Hierdie mengsel kan ook aangewend word om pynstillende eienskap van bloekom te benut deur die mengsel direk aan te wend vir die volgende:
o Rumatiek,
o Artritis
o Stywe spiere
o Rugpyn
o Seer nek - Aangesien Bloekom Antisepties en anti-bakteries is, maak dit bloekom ʼn fantastiese skoonheids hulp. Gooi ʼn paar jong bloekom takkies in ʼn bak stomende water, hou nou jou gesig bo-oor die stomende water. Indien jy wil, kan jy ʼn handdoek oor jou kop gooi om die stoom te konsentreer na jou gesig toe. Maak net seker dat jy jou oë ten alle tye toe hou.
- Indien luise die oorhand gekry het in jou hare, kan jy ʼn paar druppels bloekom essensiële olie deur jou hare kam.
- Hande skrop: Meng gelyke dele Engelse sout en See sout met ʼn paar druppels bloekom essensiële olie. Gebruik nou as ʼn hand skuur/was middel om van olie en petroleum basis smeermiddel vinnig ontslae te raak.
- Bloekom olie in jou water verspreier (“diffuser”), sal help om die lug te suiwer en gou klaar te speel met kieme en virusse in die lug.
- In die geval van ʼn oop wond, kan ʼn paar druppels bloekom essensiële olie, by organiese room gevoeg word en aangewend word. Dit sal help om infeksie te bestry sowel as genesing verspoedig.
Ander Gebruike van Bloekom:
Benut Bloekom se insek werende en anti-bakteriese eienskappe vir jou troetel diere deur bloekom blare en takkies onder die hond se beddegoed te sit, in die hoenders se lê-neste en in die perde se stalle vir die perde om op te loop. Die essensiele olies wat vrygestel word help om luise, vlooie en ander insekte ver weg te hou en die lug skoon en vars te hou.
Takke kan vir hierdie selfde rede ook tussen sade en grane ingesit word om dit te help beskerm teen die insekte.
Maniere om bloekom te stoor:
Jy kan die blare droog en (indien jy wil) daarna in ‘n voedsel verwerker sit, stoor dan in ‘n lugdigte houer vir latere gebruik byvoorbeeld vir tee
Waarskuwing:
Bloekom kan wel velirritasie veroorsaak en moet dus in baie flou oplossings aangewend word.
*Neem asseblief kennis dat nie ek of Mariette deskundiges is nie. Hierdie inligting is bedoel om algemene inligting aan u te verskaf. Moet asseblief nie uself probeer diagnoseer of behandel nie. Raadpleeg u geneesheer voordat enige kruie raad gebruik word. Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige newe effekte nie*