Speelklei

Speel klei

Bestanddele:

2 koppies koekmeel
½ koppie fyn sout
30 ml kremetart
30 ml olie
1 en ½ koppies kookwater
Paar druppels kleursel (opsioneel)

Metode:

Neem ’n bak en meng die meel, sout, kremetart en olie met ’n vurk tot alles gemeng is, moet nie bekommer oor die “olie klonte” nie. Meng eenkant die kookwater en die kleursel, voeg nou by die meel en meng met ’n lepel tot ’n stywe deeg gevorm het. Laat staan vir ’n paar minute sodat dit kan afkoel.

Sodra die deeg afgekoel het, brei dit op ’n plat oppervlak tot jy ’n lekker gladde tekstuur het en die deeg nie meer taai is nie, indien dit steeds taai is sit so bietjie meel by.

Bêre in ’n lugdigte houer sodat die klei nie uitdroog nie.

Wat ek gevind het, is as die kinders klaar met die klei gespeel het voel dit of dit so-effe uitgedroog is buite om. Voeg net al die klei bymekaar en knie dit deur en dan voel dit weer so goed soos nuut

Die resep se wat ek gebruik het om die klei te maak sê dat dit vir tot 6 maande goed sal hou

4 gedagtes oor “Play dough

  1. Baie dankie dit was n groot hulp!

    1. Goeiedag Carmen,

      Ons is baie bly dat jy ons webwerf besoek het en nuttige inligting gekry het!

      Geniet dit.

  2. Ekt vandag met lock down vir my 5 jarige seuntjie gemaak! Fantastiese tekstuur eks seker dis dieselfde as die wat ek as kind mee gespeel het😉

    1. Goeie dag Lanie,

      Ek is bly dat jy die resep kon gebruik! Hoop dat hy ure se genot daaruit sal kry.

      Groete.

Maak 'n opvolg-bydrae