Suurstof ontnemer

Wanneer mens groente gedroog het – kom mens by die volgende stap – die berging daarvan.
Om jou groente te bewaar skep dit in glas bottels met staal skroef proppe.

Maak dit so vol as moontlik en plaas dan ’n suurstof ontnemer bo in die bottel en skroef die prop op. Mens kan maklik self so ’n suurstof ontnemer maak.


’n Suurstof ontnemer se doel is om die suurstof uit die bottel te onttrek en dus ’n vakuum te skep. Daar word klam sout en staalwol in ’n lap sakkie gesit. Die klam sout laat die staalwol oksideer (roes), om te kan roes moet daar suurstof teenwoordig wees. Terwyl die staalwol oksideer gebruik dit die suurstof op wat in die bottel is. Sodoende veroorsaak dit ’n vakuum sodat daar nie bakterieë ens. kan groei nie. Sodra die suurstof in die bottel opgebruik is hou die staalwol op met oksideer.


Wat jy nodig het:

  • ’n stukkie materiaal van ongeveer 8 cm x 4 cm
  • Naald en garing
  • 'n Stukkie staalwol
  • ¼ teelepel sout
  • ½ mℓ water


Hoe om 'n suurstof ontnemer te maak


Sny ‘n stukkie materiaal van ongeveer 8 cm x 4 cm.


Vou toe en werk twee kante toe.


Skeur ’n stukkie staalwol af en stop dit in die sakkie


Maak die sout klam met die water


Skep die sout in die sakkie sodat dit bo-op die staalwol lê

Werk nou die oop sy toe.


Plaas binne-in vol bottel gedroogde groente en skroef die deksel toe.

Afhangend van hoe baie suurstof in die bottel is – kan dit tot twee dae neem om al die suurstof op te gebruik.