Ons het altyd oorskiet brood omdat ons byna elke dag bak en gewoonlik is dit net te min om 'n maaltyd daarvan te maak. So ons het besluit om die brood te droog en broodkrummels daarvan te maak.
Die brood is gedroog in my 12V droër.
Ek het wel een fout gemaak en party van die snye bietjie dik gesny, as gevolg daarvan was al die brood nie gelyk droog nie. Die dikste snye het amper drie dae geneem om te droog, Indien ek die brood dunner snye gesny het, sou dit moontlik net twee dae geneem het en as die droër ’n ingeboude hittebron gehad het, sou dit moontlik ook vinniger geneem het
Nadat die brood heeltemal droog was, het ek 'n klein vleis meuletjie gebruik om dit fyn te maal.
Ek stoor dit gedroogde broodkrummels in 'n lugdigte houer.
Ek gebruik dit in viskoekies, maalvleis koekies en selfs bo-op gebakte geregte saam met botter en kaas om ’n korsie bo-op te maak
Ek hoop dat die artikel jou ook inspireer om jou eie broodkrummels te maak en sien uit daarna om te hoor hoe jy die droog sowel as die gebruik van jou broodkrummels ervaar het!