Aartappel Koekies

aartappel-koekies

Hierdie aartappel koekies is heerlik saam met ontbyt. Ons geniet dit gewoonlik saam met ontby in plek van aartappel skyfies. Ons het dit tot al saam met braaivleis geëet en dit bly heerlik!

Die Resep:

Bestanddele:

  • 500ml (240g) geskilde, grof gerasperde aartappels
  • 50 ml fyn gekapte preie
  • 100 ml koekmeel
  • 4 ml fyn seesout
  • 2 eiers
  • Vars gemaalde swart peper na smaak
  • Vet of Olie om die koekies in te braai

Metode:

Meng die gerasperde aartappel en prei goed. Voeg die meel, sout en peper by die aartappel mengsel en meng met ’n vurk tot goed gemeng. Voeg die eiers by en meng deeglik.

Skep lepels vol in warm vet, druk plat en braai aan weerskante tot ligbruin en gaar.

Sit warm voor.

Maak 'n opvolg-bydrae