Algemene Reiniging Sproei

In 'n poging om minder vullis te genereer, het ek begin om my eie Algemene Reiniging Sproei te maak.

Ek koop my bestanddele in grootmaat en spaar op daardie manier sowel as die feit dat ek my sproei bottel oor en oor kan gebruik, elke keer as ek 'n mengsel aanmaak.

ALGEMENE REINIGING SPROEI

Let asseblief daarop dat die algemene reiniging sproei is nie geskik om graniet skoon te maak nie. Die asyn kan die afwerking van graniet beskadig. Gebruik altyd 'n reinigingsmiddel wat nie asyn bevat nie om jou graniet produkte mee skoon te maak.

Die resep:

  • 400ml lou water
  • 10 ml koeksoda
  • 2.5 ml vloeibare skottelgoedseep
  • 60ml wit asyn
  • 'n Paar druppels essensiële olie van jou keuse - maar is opsioneel.

In ’n beker met ’n volume van 2 liter meng die water, skottelgoedseep en koeksoda tot al die koeksoda opgelos is. Gooi nou die asyn stadig by – hele mengsel sal skuim en bruis. Roer stadig en laat ’n rukkie staan tot die meeste skuim weg is.

Giet nou in jou sproei bottel en gebruik deur dit op die oppervlak te spuit waar jy wil skoonmaak, los aan vir 5 minute om die reiniger kans te gee om die onsuiwerhede los te maak en vee af.

Baie resepte wat ek gesien het gebruik net ‘n mengsel van skottelgoedseep en water sproei as algemene reiniger maar ek vind dat dit vullis moeiliker losmaak as hierdie algemene reiniging sproei met koeksoda en asyn.

Ek hoop dat die resep jou sal inspireer om jou eie algemene reiniging sproet te maak en gebruik,

Baie belangrik:

Wanneer jy jou eie reinigingsmiddels maak, merk altyd al die bottels noukeurig. Onthou om gedurende die maak proses van jou reinigingsmiddels dit buite bereik van kinders te hou.

Maak 'n opvolg-bydrae