Tamatie & Uie Sous

Hierdie resep maak ongeveer 1.8 liter sous.

TAMATIE EN UIE SOUS x

Die resep:

500g Uie, fyn gekap
2 kg Tamaties, fyn gekap
15 ml Gedroogte Basielkruid (of 30 ml vars basielkruid)
25 ml Suiker
2 ml Fyn swart peper
10 ml See sout

Braai die uie in ’n groot pot tot deursigtig en sag.
Voeg nou die tamaties sowel as die res van die bestanddele by en laat dit oor stadige hitte prut vir ongeveer 1 uur totdat die sous lekker dik is.
Gebruik die inmaak metode wat jy verkies en bottel die sous terwyl dit warm is.
Sodra die bottels afgekoel is, was af en plak ’n etiket op elke bottel met die naam van die inhoud sowel as die datum waarop dit gemaak is, sodat jy altyd die oudste eerste kan eet.

Geniet!