Vinnige Kaas Skons

Vinnige Kaas Skons
Vinnige Kaas Skons

Bestanddele:

250 ml Melk
250 ml Koekmeel
1 Eier
10 ml Olie
3 ml Sout
10ml Bakpoeier
Handjie vol Kaas

Metode:

Meng al die nat bestanddele in ’n maatbeker, voeg nou die koekmeel, sout en bakpoeier by. Meng goed totdat daar geen klontjies oor is nie. Gooi die handjie kaas by en roer deur.

Giet loperige deeg in ’n voorbereide vormkoekie pan en bak vir ± 20 minute by 200°C.

Lewer 12 skons.

Maak 'n opvolg-bydrae