Ek hou baie daarvan want ek maak soos die naam sê alles in een pot en dit is vinnig om te maak.
Hier is die resep:
Twee middelslag patats, geskil en in blokkies gesny
1 gemiddelde grootte blomkool, in stukke gebreek
2 eetlepels blatjang (van jou keuse)
3 eetlepels botter
3 eetlepels koekmeel
1 koppie melk
Sout en peper na smaak
Kook die blomkool en patats tot gaar in genoeg water sodat jy ’n koppie daarvan kan uitskep. Voeg sout en peper na smaak by. Hou die koppie water waarin die blomkool en patats gekook het eenkant. Kook die res van die water weg. Voeg nou die blatjang en botter by.
Sodra die botter gesmelt het voeg die koekmeel by en roer deur – die botter sal die koekmeel absorbeer. Voeg dadelik die melk by en roer goed deur. Die sop sal dadelik baie dik wees. Voeg nou die koppie water wat jy uitgeskep het by en roer deur. Laat dit deur prut maar pasop vir aanbrand.
Ons eet ons sop altyd met ’n sny of twee tuisgebakte brood en genoeg botter!
Geniet!