Posted on

Ons het 'n vars nuwe voorkoms!

Dit is Januarie 2022 en ek kan dit byna nie glo nie!

Ons het die webwerf toegemaak aan die einde van Augustus om dit ‘n nuwe voorkoms te gee en soos dit gewoonlik gaan het ons dit alles self gedoen. Dit was ’n ongelooflike leersame proses maar ook senutergend...

So wat het verander? Vir ‘’n begin het ons die webwerf ’n splinternuwe vars voorkoms gegee en al die informasie vertaal sodat die artikels beskikbaar is in Engels en Afrikaans.

Al die produkte is opgedateer - verpakking is vernuwe en ons het koekies, nuwe beskuit en handwerk projek stelle bygevoeg waaroor ek baie opgewonde is!

Dit is steeds ’n stadige proses om al die patrone te hersien wat ons gebruik het vir die klasse wat ons aangebied het en om jaarn daarby te sit in handwerk projek stelle. Ons werk tans aan naaldwerk projek stelle ook wat hierdie pragtige materiaal gaan insluit:

Ons gaan ook binnekort ’n Tunisiese Hekel Projek Stel in die winkel bekend stel wat twee Tunisiese steke gaan bevat en verandering van kleur.

Ons Jaarn Kous patroon gaan ook ’n groter vriend kry – ’n Jaarn Kous wat gaan pas vir ’n 100g jaarn bal.

Ek dink dit is genoeg gesê oor die nuwe handwerk projek stelle wat binnekort vrygestel sal word – hou die spasie dop vir meer nuus daaroor.

Volg ons asseblief op Facebook en Instagram

Lekker hekel en brei!

Mariette

Posted on Lewer kommentaar

Suurstof ontnemers vir gedroogde groente

Dagsê Lesers,

Wanneer mens groente gedroog het – kom mens by die volgende stap – die berging daarvan.
Om jou groente te bewaar skep dit in glas bottels met staal skroef proppe.

Maak dit so vol as moontlik en plaas dan ’n suurstof ontnemer bo in die bottel en skroef die prop op. Mens kan maklik self so ’n suurstof ontnemer maak.

Lees meer Suurstof ontnemers vir gedroogde groente
Posted on Lewer kommentaar

Tuin take vir September

Dagsê Lesers,

Hier is weer ‘n handige lysie vir take in die tuin vir September.

Petunias

In die groentetuin:

Plant:

Aartappels, artisjokke, aspersies, basielkruid, beet, blaarslaai, blomkool, brokkoli, dill, echinacea,  eiervrugte, ertjies, kattekruid, koljander, komkommers, komkommerkruid, kool, marjolein, mielies, orego,  pampoen, patat, radyse, rissies, roket, salie, seldery, soetrissies, spanspek, spinasie, skorsies,  stam- en rankbone, stevia,  tamaties, vinkel,  waatlemoen & wortels.

Lees meer Tuin take vir September
Posted on Lewer kommentaar

Appelkoos konfyt

Dagsê lesers,

Hierdie jaar was ons baie gelukkig en het ons appelkose van ons appelkoos bome af gekry. Die eerste oes in 5 jaar!

Ons het dadelik aan die werk gespring en heerlike appelkoos konfyt gekook.

Die lekker tuisgemaakte appelkooskonfyt is nou beskikbaar in ons winkel.

Bestel joune nou om teleurstelling te voorkom, voorraad is beperk.

Groete!

Posted on 2 Kommentare

Hoe hou jy van jou koekies?

Dagsê Lesers,

Ons het onlangs begin om koekies te bak en vra altyd vir ons kliënte hul terugvoering.

Ons verwelkom alle terugvoer positief sowel as negatief sodat ons kan saam werk en oplossings kan vind vir probleme en ons produkte kan verbeter!

Vanoggend het ons terugvoering gekry dat die koekies te sag is.

Ons ongevulde koekies is hard en krakerig maar sodra dit saam met die gevulde koekies verpak word trek dit die vogtigheid in die blik en word almal ewe sag!

Ons het dadelik aandag aan die probleem gegee en is nou besig om te toets hoe ons dit kan hard hou. Ons het die gevulde koekies apart geseël en sal in ‘n dag of twee die blik oopmaak en sien of dit die probleem oplos.

Baie dankie aan elke kliënt wat terugvoering gee sodat ons, ons produkte kan verbeter en die beste moontlike produk te kan lewer.

‘ n Algemene wenk om harde koekies te laat sag word is om ‘n snytjie brood in die koekie blik te sit.

Hoe hou jy van jou koekies hard en krakerig of sag?

Laat weet ons gerus hoe jy jou koekies verkies!