Die geur van die broodjie sal verbeter as dit in ’n lugdigte houer gebêre word vir so twee dae. (As jy so lank kan wag!)
Bestanddele vir die Piesang Brood
1/2 koppie Botter
1 koppie Suiker
2 Eiers
2 koppies Koekmeel
2 teelepels Bak Poeier
4 Piesangs
1 teelepels Vanilelje Geursel
1/2 teelepel Sout
Metode:
- Klits die botter en suiker saam tot dit romerig is.
- Voeg die vanieljegeursel by.
- Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.
- Sif die droë bestanddele saam en voeg dit by.
- Skil die piesangs en druk fyn met 'n vurk, voeg dit by die mengsel.
- Meng baie goed en skep in 'n voorbereide brood pan.
- Bak vir een uur teen 180°C
- Om seker te maak dat die piesang brood gaar is, steek met 'n toetspen en as dit skoon uitkom is die brood gaar.
- Laat 5 minute afkoel in die pan voordat dit uitgekeer word op 'n draadrakkie om af te koel.
- Laat die brood heeltemal afkoel voordat dit gesny word.
Geniet!