Tuin take vir September

Dagsê Lesers,

Hier is weer ‘n handige lysie vir take in die tuin vir September.

Petunias

In die groentetuin:

Plant:

Aartappels, artisjokke, aspersies, basielkruid, beet, blaarslaai, blomkool, brokkoli, dill, echinacea,  eiervrugte, ertjies, kattekruid, koljander, komkommers, komkommerkruid, kool, marjolein, mielies, orego,  pampoen, patat, radyse, rissies, roket, salie, seldery, soetrissies, spanspek, spinasie, skorsies,  stam- en rankbone, stevia,  tamaties, vinkel,  waatlemoen & wortels.

In die blomtuin:

Plant:

Asters, celosias, dahlias, gazanias, josefskleed, kappertjies, petunias & salies.

Ander  tuintake:

  • Spuit vrugtebome vir vrugtevlieg sodra ongeveer 80% van die bloeisels afgeval het.
  • Dun vrugte uit wat te dig opmekaar sit.
  • Maak tuin goed skoon en gee alle beddings ’n vars laag kompos.
  • Haal digte meerjarige blomme en siergrasse uit en verdeel hulle.
  • Gaan stutte van hoogblommende plante (soos ridderspore ) na.
  • Verwyder voortdurend dooie blomme van lenteblommende plante.
  • Verdeel ook winterblommende vetplante, grondbedekkers en aalwyne.
  • Let op vir termiete in die tuin en bestry dit.
  • Gee potplante gereeld water.
  • Spuit rose ook voorkomend vir swartvlek en meeldou
  • Indien jy nog nie rose na hulle snoei gevoed het met kunsmis nie, doen dit nou.
  • Snoei heinings en vormplante.
  • Snoei ook ryp beskadigde plante maar net sodra die kans van laatryp reeds verby is.

Lekker tuinmaak!

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>