Tuintake vir Desember

Dagsê Lesers,

Dit is reeds Desember! Ek kan nie glo die jaar het so verby gevlieg nie!
Hier volg nog n lysie van tuintake wat hierdie maand gedoen kan word.

Krisant
Krisant

In die groente en kruie tuin:

Plant:
Aartappels, aspersies, aspersies, basielkruid, beet, blaarslaai, echinacea, eiervrug, kattekruid, koljander, komkommers, komkommerkruid, marjolein, mielies, orego, pampoen, radyse, rissies, roket, salie, spanspek, spinasie, skorsies, soetrissies, stam- en rankbone, stevia, tamaties, vinkel & waatlemoen.

Salie
Salie

In die blomtuin:

Plant:
Begonias, celosias, impatiëns & salies.

Ander tuin take:

• Voed sitrus bome.
• Hou plante deeglik nat in warm weer indien reën effens skaars is.
• Bedek beddings met ’n goeie deklaag om te help om vog in die beddings te hou en verdamping te voorkom.

Lekker tuinmaak!

Mariette

Laat Kommentaar

You must be logged in to post a comment.