Goeie dag lesers
’n Goeie vriendin van my het onlangs geboorte gegee aan die pragtigste dogtertjie. En julle sal met my saamstem dat min geskenke is so kosbaar soos ’n handgemaakte baba kombersie. En aangesien ek hekel-mal is, het ek begin soek vir ’n unieke patroon. Ek het uiteindelik besluit op die harlekyn steek. Dit is ’n maklike en vinnige patroon wat baie mooi uitdraai.