Die droog van tamaties

Tamaties kan ook met sukses gedroog word.
Nou ja mens kan nou seker nie ’n slaai van die tamatie maak as dit eers gedroog is nie, maar mens kan as dit weer gehidreer is ’n tamatie en uiesous daarvan maak, of dit in ’n bredie sit of selfs in ’n sop gebruik.


Hier is die inligting wat ons leser, Fanie van Wyk aan ons gestuur het aangaande die droog van tamaties.

Hierdie tamaties was 3.5kg.

Tamatie 1

En lyk so na dit gedroog is. 

Tamaties 2

Die 3.5kg tamaties gedroog weeg nou net 200g. 

5 tamaties weeg 500g, dus was daar sowat 35 tamaties in die droër.

Tamaties 3

Nou kan die droë tamaties vir lank gebêre word.

Tamaties 4

Die tamaties kan in ’n papiersak geberg word indien dit nie vir ’n lang tydperk gaan wees nie.
Die ander alternatief is om dit in ’n lugdigte houer te berg met ’n suurstof ontnemer.
(Lees gerus ook die artikel oor die droog van kosse wat meer vertel van hoe om jou eie suurstof ontnemer te maak)

Laat weet ons gerus as jy self tamaties gedroog het en hoe jy dit gedoen het. Enige relevante inligting is baie welkom.
Ons hoor graag van julle!

Belangrik:
Hierdie artikel is bedoel om die leser van inligting te verskaf en eie navorsing moet ook gedoen word.

3 Responses to “Die droog van tamaties”

  1. Elize de Klerk

    Weet jul dalk oor die droog van patats? Sal nogal graag dit wil doen. Die tamaties en uie droog het ek al maar gaan defnitief die boontjies probeer. Dankie

    Reply
    • Goeiedag Elize,
      Laat weet ons gerus hoe jy die droog van die groenbone gevind het. Ons is op die oomblik besig om patats te droog! Net sodra ons dit klaar gedroog het, sal ons die artikel plaas en vir jou laat weet hoe ons dit gedoen het. Ons sal binnekort vir jou kontak daaroor.
      Groetnis.

      Reply
  2. Fanie van Wyk

    Ek droog patats net soos aartappels, ek sny die rou groente in skywe en kook in water met sout soos wanneer jy gewoonweg sou kook. Wanneer gaar gooi ek die water af en laat afkoel, die skywe plaas ek op skadunet in die son of in die self-gemaakte droeer.
    As mens sout en peper op die tamaties gooi voor dit gedroog word is die droe tamaties selfs lekker om net so te eet.

    Reply

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>