Laventel

Laventel

 

Plant en groei:

Laventel hou nie van nat voete nie en groei op sy beste in grond wat goed dreineer.
Nadat die struik geblom het, moet laventel gesnoei word om die plant netjies te hou.
Laventel kan van saad gekweek word maar laventel sade neem lank om te ontkiem. (1 tot 3 maande.) Hou die laventel saailinge in ’n beskermende omgewing soos ’n kweekhuis vir die eerste winter.
Laventel kan ook van stiggies gekweek word.
Laventel plante se gemiddelde leeftyd is tien jaar.

Plantmaats:

Laventel is ’n afskrikmiddel vir plantluise plant hulle gerus saam met die volgende plante:

• Preie.
• Wortels.
• Rose.

Voordele van Laventel:

• Antisepties.
• Insek weerder.
• Bevorder sirkulasie.
• Verlig koliek en winderigheid.
• Verlig pynlike spiere.
• Help met aknee.
• Verlig sinus.
• Help vir skilfers
• Geneeskragtig.
• Laventel hou insekte op ’n afstand en is ook baie voordelig in die linnekas om vismotte te verjaag.

Maniere om Laventel te stoor:
• Droog:
o Laventel kan gedroog word. Sny sowat een derde van die stingel af sodra die blomme hulle pers kleur begin kry. Bind hulle saam in klein bossies en hang in ’n goed deurlugte vertrek.
Wanneer die blomme goed droog is, kan jy dit in ’n sakkies in jou kaste sit.
• Olie
o Neem 500ml soetolie of amandelolie voeg daarby 250ml opgekapte vars laventelblomme en blare en voeg 12.5ml appel asyn by. Giet al die bestanddele in ’n fles met ’n skroefdeksel en maak seker dat daar geen laventel bo die olie uitsteek nie anders sal dit verkleur en begin muf, skud baie goed en laat in die son staan. Laat olie ’n week tot 10 dae verouder. Skud elke dag. Syg deur ’n kaasdoek of ’n nylon sif en druk deur met ’n houtlepel. Voeg vars kruie by en herhaal die proses tot die geur sterk genoeg is na smaak. Syg weer deur, giet in ’n donker glasbottel en bewaar. Onthou om altyd bottels te merk.

Kruie – apteek:

Maak tee van Laventel wat sal help met:

• Hoofpyn.
• Naarheid.
• Slapeloosheid.
• Verligting van koliek en winderigheid.
• Sal ook help om ’n slegte asem te verfris.
• Bloedsirkulasie.

Gebruik self gegeurde olie om pynlike spiere mee te streel of voeg by badwater.
Plaas gedroogde laventel in ’n sakkie bo-op jou kussing onder die sloop, dit sal ook help met slapeloosheid.

Gebruik essensiële olies vir:
• Vryf op bysteek en insekbyte om swelling en branderigheid teen te werk.
• Sit op ligte brandwonde aangesien laventel antibakteries is – dit sal ook die pyn verlig en swelling teenwerk.
• Masseer laventel olie in die kopvel in om skilfers te verwyder.
• Stoom met laventel en tiemie olie om sinus te verlig, deur twee druppels van elk van die olies in bak stomende water te sit. Buig met jou kop bo-oor die bak en bedek jou kop en die bak heeltemal met ‘n groot handdoek. Asem die geurige stoom stadig en diep in.
• Laventel olie kan ook by gewone room gevoeg word en aan gesig gesmeer word om te help met aknee.
• Die olie is ook ’n goeie insek weerder en sal muskiete verjaag.

Waarskuwings:

Let daarop dat sekere essensiële olies nie direk aan die vel aangewend kan word nie – lees altyd die instruksies op die produk wat jy koop of maak eerder jou eie gegeurde olie.

Vermy hoë dosisse laventel tydens swangerskap.

Resepte met Laventel:

Laventel Badsout

*Neem asseblief kennis dat nie ek of Leanie deskundiges is nie.  Hierdie inligting is bedoel om algemene inligting aan u te verskaf.  Moet asseblief nie uself probeer diagnoseer of behandel nie.  Raadpleeg u geneesheer voordat enige kruie raad gebruik word.  Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige newe effekte nie*

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>