Salie

Salie is ’n maklike groeier en het nie vreeslik baie aandag nodig nie.
Salie is ’n meerjarige plant met ’n gemiddelde leeftyd van vier jaar.
Die plant se hoogte wissel tussen 35 en 60cm. Omdat Salie se takke verhout word dit as ’n halfstruik beskou.
Salie lok ook bye en vlinders na die tuin.

Salie

 

Plant en Groei:

Die kruid kan van saad gekweek word wat in kissies gesaai word.

Plant die plante in vol son in grond wat goed dreineer en gee matige water aangesien Salie nie hou van nat wortels nie. Salie kan ook met sukses in houers gekweek word.

Beskerm die plante teen wind, koue en ryp.

As die groeipunte van Salie gesnoei word sal die plant ’n mooi bos word en sal daar meer takkies geproduseer word wat geoes kan word.

Sny plante wat klaar geblom het terug (moet nie na blomtyd snoei as jy wil saad oes nie en snoei dan eers terug nadat die sade geoes is) en verwyder alle dooie houterige takke.

Salie het ’n gemiddelde lewe van vier jaar en kan soms om geen rede opkrul en doodgaan. As die Salie plant die ouderdom van drie jaar bereik het, begin solank voorbereiding tref vir ’n nuwe Salie plant.

Plantmaats:

Salie kan saam met die volgende plante geplant word:

  • Kool
  • Bone
  • Wortels
  • Roosmaryn

Moet Salie nie saam met die volgende plant nie:

  • Basielkruid

Voordele van Salie:

  • Help met vertering van vetterige kossoorte en kan saam met olierige vis, vetterige vleis en pluimvee gaargemaak word.
  • Gedroogde Salie kan vir sy motwerende eienskappe by potpourri bygevoeg word.
  • Salie is natuurlike reukweerder en kan dus as badkruid gebruik word en sal ook die bloedsomloop na die vel stimuleer.
  • Help ook met die verhoeding van puisies en aknee.

Maniere om Salie te stoor:

    • Vries:
      • Net so heel saam met water in ‘n ysbakkie
    • Droog:
      • Sny stingels voor die blomtyd af, bind in bosse en hang op om droog te word.
      • Stoor in ‘n lugdigte houer vir latere gebruik, byvoorbeeld vir tee
    • Tinktuur:
      • Plaas 100g gedroogde of 200g vars kruie in ’n glashouer met skroef deksel. Voeg nou 500ml (2 koppies) Vodka of rietspiritusBedek met ’n doek en laat twee weke op ’n koel, donker plek staan. Skud dit af en toe. Syg deur en gooi dit in donkerglasbottels vir bewaring. Onthou om altyd bottels duidelik te merk.
      • Om alkohol te verwyder, voeg tinktuur druppels by warm water, meng en laat afkoel voor dit gedrink word.

Kruie-apteek:

      • Gebruik salietee as ’n mondspoelmiddel of om mee te gorrel.
      • Adolessente wat probleem velle het, kan hulle gesigte met salietee was om puisies en aknee te voorkom.
      • Salie het ook antimikrobiese eienskappe en balanseer estrogeen.
      • Gebruik salie vir:
      • Seerkeel
      • Tandvleis infeksies
      • Mondsere
      • Menstruele probleme
      • Menopause
      • Aknee
      • Puisies
      • Verkoues
      • Koors
      • Rumatiek

Waarskuwings:

Vermy tydens swangerskap

*Neem asseblief kennis dat nie ek of Leanie deskundiges is nie.  Hierdie inligting is bedoel om algemene inligting aan u te verskaf.  Moet asseblief nie uself probeer diagnoseer of behandel nie.  Raadpleeg u geneesheer voordat enige kruie raad gebruik word.  Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige newe effekte nie*

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>