Suurdeeg Potbrood

Suurdeeg Potbrood
Suurdeeg Potbrood

Bestanddele:

1 ½ koppie water
¼ teelepel droë kitsgis
½ teelepel seesout
3 koppies meel

Meng alles goed (die deeg word nie geknie nie) in ’n glas bak met ’n deksel en maak toe.  Laat staan vir 24uur.

Wanneer gereed, sit ’n pot met ’n deksel (verkieslik ’n ysterpot) met ’n volume van min of meer 2 ℓ in die oond en sit die oond aan op 220°C.  Wag tot die oond warm is met die pot binne die oond. Die pot word glad nie gesmeer nie en die deeg ook nie. Haal dan die warm pot uit die oond en skep die deeg versigtig in die warm pot. Pasop om die deeg te veel te roer aangesien dit reeds gerys is en mens wil nie al die lug borreltjies uithaal nie. Die deeg sal weer in die oond rys. Sit nou die deksel op en sit die pot terug in die oond. Bak vir 20 minute met die deksel op en haal dan die deksel af  bak vir ’n verdere 20 minute.

Die hele sukses van die brood is dat die pot warm moet wees en die deksel MOET vir die eerste 20 minute op wees.

Klik hier om die Dagbeplanner vriendelike formaat af te laai

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>