Pannekoek

Pannekoek
Pannekoek

Bestanddele:

2 koppies Koekmeel
1 teelepel Sout
½ teelepel Bakpoeier
2 koppies Melk
2 Eiers

Metode:

Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en voeg eers ’n klein hoeveelheid melk by. Roer tot glad en daar geen klontjies meer is nie.
Voeg geleidelik die res van die melk by.
Klits die eiers goed en voeg by, meng baie goed.
Skep lepels vol in ’n warm gesmeerde pan en bak aan albei kante ligbruin.

Strooi kaneelsuiker oor elke pannekoek en rol dit op.

Ek het ’n 25cm ysterpan en het 9  groot pannekoeke uit die resep gekry.

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>