Brosbrood Koekies

Brosbrood Koekies
Brosbrood Koekies

Bestanddele:

250ml Botter
100g Strooisuiker
240g Koekmeel
60g Mielieblom
1ml Sout

Metode:

Room botter en suiker.
Voeg res van bestanddele by en meng goed.
Smeer ’n oondvaste bakplaat. Rol die deeg in balletjies, pak uitmekaar en druk effens plat met ’n vurk wat in water gedoop is (dit verhoed dat die deeg aan die vurk vasklou) en bak vir ±10 min by 180°C
Haal versigtig van bakplaat af en laat op ’n draadrakkie afkoel. Lewer ongeveer 40 koekies.

Geniet!

Klik hier om die dagbeplanner vriendelike weergawe af te laai.

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>