Scarves & Gloves

Handmade scarves and gloves for sale in Gauteng. Here you will find the most beautiful hand crocheted scarves and gloves to keep you warm.
We make all our crochet items with love and care. We use acrylics, cotton and cotton and bamboo blends. Please refer to the item description to see from which fiber the item was made.

No Responses to “Scarves & Gloves”

  1. Dave Christie

    Is nie so lekker soos pannekoek nie maar ja ( net ‘n grappie) reg? Puik idees Mariette en Leanie!!

    Reply
  2. Loretta

    Baie dankie vir die reseppie Het nou lank gesoek na ‘n reseppie en die ene lyk vir my reg.

    Reply
    • Goeiedag Loretta,
      Ons is baie bly dat ons jou kon help met die resep, het jy hom al uitgetoets? Indien wel, was joune ’n sukses? Indien jy enige ander resepte met ons wil deel is jy baie welkom.
      Stuur dit aan: info@boervrou.co.za
      Ons hoop om weer van jou te hoor!
      Groetnis.

      Reply
  3. Hallo Leanie & Mariette,

    My rede(s) waarom ek kosse droog is dat ek die solar skottel(s) het en die kos kan vooraf verniet gaar gemaak word. Deur die son te gebruik hoef ek nie gas of elektriese krag van die sukkelende Eskom af te gebruik, waarvoor mens betaal nie (ek is klaar bederf). Hierdie solar skottels is waardevol, as daar son is kan jy water kook, kos kook en vir baie ander applikasies aanwend, selfs water steriliseer vir drink.

    Mens kan nou grootmaat groente kry wat gewoonlik goedkoper is en jy hoef dit nie te vries om te bewaar nie. Jy is dus minder afhanklik of glad nie afhanklik van ‘n vrieskas indien daar nie elektrisiteit is nie.
    Gedroogde kos kan vir lank geberg word.
    Dit is meestal kleiner in volume, so jy het minder spasie nodig om meer in te berg en is meestal ligter as die oorspronklike kos.
    Dis klaar gaar, jy kan dit selfs koud eet indien geen energie vir verhitting beskikbaar is nie. Al wat nodig is, is om water by te voeg.

    Hier is ‘n skakel waar ek so ietsie oor groen goeters opgesit het:

    http://www.faze.co.za/Gaan%20Groen/Gaan%20Groen.htm

    Reply
  4. Elize de Klerk

    Weet jul dalk oor die droog van patats? Sal nogal graag dit wil doen. Die tamaties en uie droog het ek al maar gaan defnitief die boontjies probeer. Dankie

    Reply
    • Goeiedag Elize,
      Laat weet ons gerus hoe jy die droog van die groenbone gevind het. Ons is op die oomblik besig om patats te droog! Net sodra ons dit klaar gedroog het, sal ons die artikel plaas en vir jou laat weet hoe ons dit gedoen het. Ons sal binnekort vir jou kontak daaroor.
      Groetnis.

      Reply
  5. Judy van den Berg

    Hallo! Ek is ook n boervrou van die Vrystaat en het afgekom op n foto van jou beskuit droeer. Ek het my eie beskuit begin bemark en kan nie voor bly nie! My probleem kom by die uitdroog van die beskuit. Dit vat baie krag en tyd. Waar kan ek n droeer soos joune op die foto in die hande kry? Groete Judy

    Reply
    • Goeiedag Judy,

      Die droër waarin die brood gedroog word, is ’n tuis gemaakte droër wat my man vir my gemaak het, met ’n klein staal boks, ’n 12V waaiertjie, plastiek sye vir die rakkies om in te skuif wat aan die sye van die boks vasgebout is en staal rakkies met ’n gaas oor om te keer dat produkte vassit.
      Ek het ook al beskuit in hom gedroog maar dit het my 3 dae geneem. Ek het nog nie ’n ander plan gekry om beskuit vinniger te droog nie, maar dit is wel meer ekonomies – want ek gebruik nou die battery wat gelaai word deur ’n sonpaneel, daarom kos die droog proses my niks. Indien die droër miskien ’n ingeboude 12V hittebron het, sal dit sekerlik vinniger gaan maar ek twyfel baie sterk of mens dit vinniger sal kan doen as die oond. Die ander ding wat ek wel opgelet het, is dat die gedroogde beskuit ’n ander smaak het, dit is asof die oond dit effens rooster, waar die droër dit nie doen nie. Daar is hoegenaamd niks fout daarmee nie, dit proe net anders.
      Indien jy moontlik ’n ander oplossing bekom om beskuit vinniger te droog, laat weet ons asseblief sodat ons die inligting met ander mense kan deel.

      Kyk gerus na die artikel van die verskillende droërs wat ons gebruik:
      http://boervrou.co.za/?page_id=730

      Groete.

      Reply
  6. Carina de Klerk

    Mariette, ek het ook my eie wasgoedseep gemaak deur 1 koppie boerseep te rasper en smelt in 1 L kookwater. Dan het ek ook 1 koppie wassoda opgelos in 1 L water en 1 koppie boraks opgelos in 1 L water. Ek het die drie gemeng en nog 7 liter water bygegooi. Dit was nie so effektief nie en nou sit ek met ‘n verstopte drein!! Is die boerseep die sondebok? Ek bly op ‘n plaas en maak my eie seep. Kan jy dalk help?

    Reply
    • Goeiedag Carina,
      Dit is nogal ’n taai probleem. Ons is nou nie professionele seep makers nie, maar kom ons veronderstel dit is die boerseep wat die sondebok is, mag dit dalk wees omdat die reaksie nie volledig plaasgevind het tydens die seep maak proses nie.
      Twee redes hiervoor is:
      1. Dat die verhouding seepsoda tot vet nie reg was nie en dat daar dalk te min seepsoda in die mengsel was en dat daar dan nog vry vet is, of
      2. Dat die seep nie genoeg geroer is nie en dat die reaksie nie tyd gehad het om klaar te maak nie.
      Indien dit een van die twee probleme is en jy was jou wasgoed slegs met koue water is dit nie heeltemal onmoontlik dat die oorskot vet wat in die seep teenwoordig is met tyd kan oppak in die drein nie.

      Ons het ook bietjie navorsing gedoen en daar is natuurlik nog ander faktore wat ’n drein kan verstop:
      • Hand skoonmaakmiddels met skuurmiddel in
      • Baie vetterige skottelgoedwater
      • Gemaalde koffie bone
      • Kos stukkies
      • Deeg
      • Boomwortels wat deur die pype groei
      • Selfs die grade van jou drein pype kan ’n invloed hê en as die grade nie reg is nie, sal dit drein makliker verstop

      Watse produk het jy gebruik om die drein te ontstop?
      Kon jy sien wat presies saamgepak het?

      Ons hoor baie graag weer van jou!
      Groete,
      Mariette & Leanie

      Reply
    • Goeiedag Ansie,

      Terwyl mens die patat skil hou jy die rou patat in die suurlemoensap water sodat dit nie so baie verkleur nie. Wanneer al die patats gesny is, word dit met skoon water afgespoel en dan in water met sout gekook. Wanneer die patat klaar gaargemaak is, is dit nie nodig om dit weer in water te plaas nie en kan direk in die droër gepak word om te droog.
      Laat weet gerus as daar nog onduidelikhede is, ons help graag waar ons kan.

      Groete,
      Mariette.

      Reply
  7. Elize de Klerk

    Ek het jul so paar maande gelede gevra. Intussen het ek dit gedoen. Baie baie suksesvol.

    Terloops jy kry ‘n produk, Chipwhite, jy gooi so telepel vol in water en sit jou geskilde patats daarin. Dit bly spierwit!

    Ek sny dit skywe. Stoom dit in dubbel pot en dan plaas ek dit op rak om in die son te droog. Na so 3 lekker warm dae haal ek af en sit net vir 1 uur in my oond, droog soos beskuit en plaas in plastiek/glas houer. Ek het dit weer gebruik, gekook en almal kan nie glo dit is gedroogde patats nie! Het juis die afgelope week weer 20 kg Patats gedroog.

    Reply
    • Goeiedag Elize,

      Baie dankie vir jou terugvoering.
      Ek het al gehoor van Chip White maar dit nog nie self gebruik nie. Weet jy dalk waarvan dit gemaak word?

      Groete.

      Reply
  8. Hallo Mariette,

    Oor die Boervrou stories – Ek het nog nie ‘n voorskoot om te kwalifiseer nie, maar ek werk daaraan…

    Bloekom bome is aangebring vir medisinale eienskappe, eucoluptus of so iets. Mens behoort dit te kan onttrek uit die blare (en alkohol word tipies daarvoor gebruik) en dit werk vir lugweë aandoenings, iets wat ons hier met die chemtrails meer aandag aan behoort te gee, want die siektes wat hulle op ons sproei is uit die lug. Toe ons die laaste keer na Albert se plaas toe is voor die paas naweek het daar ‘n vliegtuig oor ons gevlieg met so lang wit wolk agter hom, dis chemtrails, hulle sproei chemikalië en siektes op die mense. 4 dae later toe ons terugkom was almal siek – ewe skielik. My boetie in JHB sê die mense het daar gesit rye en rye by die dr se spreek kamers. Almal word nie ewe skielik sommer net siek nie, behalwe as dit wyd verspreid soos met die vliegtuig versprei word. Google dit gerus.
    Ek weet nie of groen bloekom blare wat gebrand word soos in lamp olie medisinale eienskappe het as jy dit in asem nie ?

    Die olies in sekere bome brand baie langer as net hout, dennebome bv. Jy kan nie daarop braai nie maar die olie laat die hout lank brand.

    Bougan villa’s maak baie sekuur heinings om toegang te beperk, is baie droogte bestand en het pragtige blomme van verskillende kleure.

    Terwyl julle perske bome wil begin snoei, dis nog bietjie vroeg, ek weet nie waarom die bome nou al bot nie. Gewoonlik word die snoeiery eers na die volgende koue gedoen. Die lote kan geplant word om nuwe perske bome mee te maak. Die lote moet op ‘n sekere manier gesny word en die stammetjie wat in die grond gesit word moet met groei hormone behandel word. Jy het baie vinniger ‘n baie groter boom. Ek sal as ek tyd (en as ek onthou) kry op Youtube kyk of iemand daar dit wys. Ons het almal te veel ander gemors bome en hopeloos te min vrugte bome.

    Nog ‘n baie produktiewe vrugteboom is avokado’s. Hulle dra al op 3 jaar en word baie groot en dra baie vrugte. Ek het tans ‘n klomp pitte in grond gesit en sien van hulle begin al bars van die wortels wat uitloop. Ons plant hopeloos te min, en veral te min bome.

    Ek sny die uie stukkies en spoel dit net uit om te droog. Die uie se sop van die sny maak die uie smerterig wat dan dit laat suur word. Ek droog die uie rou, ek het nog nie gaar uie probeer droog nie. Patats is een van die mees produktiefste groente, gooi die lote wat uitgroei plek-plek toe en daar kom ‘n patat uit.

    ‘n Wenk aan almal wat te min water het, skottelgoed water, bad/stort water en wasbak water is heel geskik vir meeste van hierdie groentes en bome.

    Julle ouens wat plek het, plant en plant baie bome, daar is nie iets soos te veel kos as die moeilikheid wat ons weet aan die kom is hier is nie. Kos en water (sonder krag) gaan die grootste probleem vir ons oorlewing wees, en ons tyd loop uit.

    Groete
    Fanie

    Reply
  9. Linda Van Rooyen

    Middag – daar is dames op n FB blad ‘ in en om die huis’ wat die resep soek – as jy dit moontlik daar kan op sit asseblief

    Reply
  10. Flakie Potgieter

    Goeie dag Mariette, dit was nou lekker om jou oor al die lekker rate en resepte te ontmoet. Dankie dat jy so ‘n voorslag is! Groete van ‘n Boervrou uit Johannesburg x

    Reply
    • Goeiedag Flakie,

      Baie dankie vir die kompliment. Sal jy belang stel om enige bydrae te lewer wat ons op die webwerf kan plaas?
      Ons sukkel om mense te kry wat insette lewer en wil graag hierdie webwerf bietjie uitbrei en meer inligting met mekaar deel.
      Ek sien uit daarna om weer van jou te hoor.
      Groete.

      Reply
  11. Flakie Potgieter

    Dankie vir die inspirasie Leanie! Ek is ook altyd doenig in die grond en maak my eie organiese kompos. Ons wil ook graag heeltemal onafhanklik van die sisteem leef en kry dit tot ‘n mate reg hier in die stad…ons bure het net gekla oor my hane wat kraai. Hul wil eerder na die stads lawaai van toeters en remme luister. Hoop jul gaan van krag tot krag.

    Reply
    • Baie dankie vir jou kommentaar Flakie. Dit word opreg waardeer. Om onafhanklik van die sisteem te leef is oor die algemeen nie ʼn maklike taak nie, veral in die stad kan ek my net indink! Jy is meer as welkom om van jou idees met ons te deel. Kontak ons gerus by dieboervrou@gmail.com.
      Baie sterkte met jou bure en heerlike dag vir jou.

      Reply
  12. Fanie van Wyk

    Ek droog patats net soos aartappels, ek sny die rou groente in skywe en kook in water met sout soos wanneer jy gewoonweg sou kook. Wanneer gaar gooi ek die water af en laat afkoel, die skywe plaas ek op skadunet in die son of in die self-gemaakte droeer.
    As mens sout en peper op die tamaties gooi voor dit gedroog word is die droe tamaties selfs lekker om net so te eet.

    Reply
  13. Gerda Vermaak

    Dnk vir die inligting watter kruie hou muskiete weg ? Ek is allergies vir die spuit middels!?

    Reply
    • Goeie dag Gerda

      Baie dankie vir jou kommentaar. Weet jy waarvoor presies jy allergies is? Is dit vir een van die kruie wat hulle gebruik in die spuitmiddels of vir een van die chemikalieë? Kruie wat jy kan gebruik sluit in kruisement, laventel en sitronella. Jy kan selfs roosmaryn en kattekruid probeer. Aanwending kan geskied deur middel van ʼn paar druppels van die gelyste kruie se essensiële olies in ʼn draer olie of room (byvoorbeeld: Jojoba, Klapper olie, Olyf olie of ʼn natuurlike ongegeurde room). Neem asseblief kennis dat essensiële olies NOOIT skoon op die vel geplaas moet word nie. Alternatiewelik, indien jy die vars kruie in jou tuin het of organies teen ʼn goeie prys kan kry en tyd het, kan jy met ʼn olie van jou keuse ʼn infusie maak.

      Die essensiële olies kan ook tot die lamp olie van olie lampies gevoeg word wat dan gebrand word in die onmiddelike omgewing.

      Hoop ons kon jy vraag beantwoord. Indien jy dalk ander raad of oplossings kry, deel asseblief met ons.

      Groete Mariette en Leanie

      Reply
  14. Ek wil weet of mens meel vooraf (dag of so) kan sif en bere as mens baie koekies bak…asb

    Reply
    • Goeiedag Annemi,

      Ek kan nie sien hoekom mens dit nie kan doen nie, maak net seker dat jou gesifte meel in ‘n lugdigte houer gestoor word sodat dit nie enige vog trek wat dan weer klonte kan veroorsaak nie.
      Lekker bak!
      Groete,
      Mariette

      Reply
    • Good day Marie,

      This sauce is such a hit in my house that I never had it on the shelve for more than four months. I believe that if kept in a cool pantry it should keep fresh for at least six months. I have researched a bit as well and was advised that the best practise for home canned food is to use it in one year from date of canning.
      Hope that helps.

      Regards,
      Mariette

      Reply
  15. Wonderful and so easy to make, real grate taste,next time will just make it 2 hands full of cheese

    Reply
  16. Charl Bahlmann

    Ons familie geniet jul website, jul getag by ons facebook page: Klein Begin Heuning. Gaan verseker die Roosmaryn stiggies in heuning prober as dit werk gaan ek plant dat dit goed gaan. Ons familie hou van tuin maak prober al die weird dinge in die lewe en doen dit soos ons goed dink – my ma gese ek het groen vingers en kan n besem stok laat groei, lol.

    Reply
    • Goeiedag Charl,

      Baie bly om te hoor dat julle die webwerf geniet.
      Ons sal ook julle Facebook blad besoek!
      Dankie vir die ondersteuning.

      Groete,
      Mariette.

      Reply
  17. Bridget Steyn

    Baie baie dankie dat jy die patroon met ons deel maklik en reguit gaan vanaand myne begin hekel

    Reply
  18. Bernadine Chipps

    Ek het die resep hoog en laag gesoek. Tant Sannie het altyd die spesefieke koekies gebak. Heerlik!!!!

    Reply
  19. Isabel Richards

    Kan ek dalk so ‘n boek koop asb. Droog van kosse en ook die hekelpatrone.

    Reply
    • Goeiedag Isabel,
      Baie dankie vir jou belangstelling en dat jy die webwerf besoek het!
      Ons het ongelukkig nie ‘n boek vir die droog van kosse nie. Ons het maar so met tyd die paar artikels geskryf van kosse wat ons gedroog het.

      Watter hekel patrone stel jy in belang?
      Groete

      Reply
  20. Hi I’m most interested in this recipe for the Tomato Either sauce or pickle, or even what the English call Chutney. I’ve tried to find the translation, but cannot find it on the page with the recipe? Please kindly translate the recipe into English.

    Thank you for your help with this matter

    Reply
  21. Hello Mariette. Have you got a recipe for Green Tomato Chutney please? We grew our own tomatoes this year but they were hit with black frost and although we followed a recipe to the letter, it tastes overwhelmingly of vinegar. The recipe we used said to wait 6 weeks before using and even after 8 weeks it has improved slightly but still that overwhelming vinegar taste. I thought maybe cooking the remaining chutney and adding more spices and sugar but not sure if we could do that? We have about 3 kgs still in unopened bottles!
    Would appreciate your thoughts please
    Regards
    Janet

    Reply
    • Good day Janet,
      I know that jams that did not set properly can be opened and boiled again (although I have never done it myself), so I would say that I am sure that you can cook it again.
      There is so many factors to keep in mind when bottling your produce, for instance it is always better to use a pot with a bigger diameter as there is more surface area from which the excess water can evaporate. Chutneys needs to be boiled slowly so that the fruits can disintegrate whereas jams needs to be boiled hard.
      I will send you a recipe then you can compare to yours and see if more spices can be added, sometimes when chutneys have a overwhelming vinegar taste (when the ratios of fruit, sugar and vinegar is correct) it just needs to be boiled for longer to evaporate more. I have not personally made green tomato chutney, but my mom used to make a delicious green tomato chutney.
      Regards.

      Reply
  22. Janet Tanner-Tremaine

    Thanks for the English version of this recipe Mariette. I saw the Afrikaans version first and still like to practise my translation skills although we left SA in 2001. We actually heard some Afrikaans spoken at my son’s church on Christmas Day and we introduced ourselves and had a good old “chinwag”. There are quite a few South Africans at that church and when the weather improves (hoping around May sometime?) we are all going to meet for a braai.
    In the meantime, all good wishes to you and your family for the New Year, with good health, happiness and prosperity to all.
    Jan T-T

    Reply
  23. Chantelle Ras

    Is kattekruid- catnip? Skies ek vra so manier ma dit het mediese voordele ook maak net seker

    Reply
  24. Neil van Onselen

    ‘n Baie interresante artikel. Ons gaan sommer more die goeters bymekaar maak en ons moontlike kundigheid beproef. Baie dankie.

    Reply
  25. HenkTim

    If you add oil to the recipe——–dan verhoog jy die oplosbaarheid van die likopeen in tamaties
    Likopeen is die kleurstof wat tamaties en waatlemoene rooi kleur. Dit is die sterkste anti-oksodant van al die karotenoiede. Dit kan blykbaar ook 10 keer meer beskerming teen kanker bied as beta-karoteen en is besonder doeltreffend teen bors-,long-,endometriale en .prostaatkanker (Nutrition and Cancer 1995, 24:257)

    Reply