Hekel pen sakkie

Dagsê Lesers,

Vandag deel ek graag met julle ‘n gratis hekelpatroon om ‘n sakkie te hekel vir jou hekelpenne.

Die hekelpen sakkie patroon is ontwerp deur Dedri van www.lookatwhatimade.net

Ek het ‘n foto van die hekelpen sakkie op facebook raakgeloop en die patroon gaan soek.
Ek het al voorheen ‘n hekel pen sakkie gehekel maar die penne waarvoor ek dit gehekel het is vir my moeilik om mee te werk, dit verdeel die gare of wol drade die hele tyd en voor ek my kom kry los ek die hele projek.

Ek het intussen heelwat nuwe hekel penne aangeskaf wat handvatsels aan het, omdat ek BAIE hekel maak die gewone aluminium hekelpenne my hande seer VERAL as mens met ‘n 2mm hekelpen werk – hulle is so dun!

Ek het toe vir my van die Elle Hekelpenne gekry met die rubber handvatsels en die hekelpenne is oral deur die huis gestrooi en ewig soek. Toe ek nou die oulike hekelpen sakkie sien toe besluit ek om sommer daar en dan een te hekel.

Myne is gehekel van Elle Family Knit – Double Knit in Russet met ‘n 3mm Elle Rubbergrip Hekel pen. Die 50g balletjie was net, net te min en daarom het ek die randjie en toemaak flap met Elle Pullskein – Double Knit in Gravel gehekel.

Hier is die skakel na die patroon:

Klik hier

Ek hou baie van die hekel pen sakkie veral omdat die vakkies waarin die penne gestoor word aanmekaar gehekel is – ek hou van enige ding wat aanmekaar gehekel kan word en so min as moontlik met ‘n wol naald gewerk word.

Groete,

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>