Gebraaide Konyn

Goeie dag lesers

Ek was aanvanklik erg skepties om konyn vleis te eet!  Ons het wel onlangs begin om dit te eet, en ek is aangenaam verras oor hoe maklik dit is om gaar te maak en  hoe lekker dit is!  As jy kan hoender vleis gaar maak, kan jy konyn vleis gaar maak.  Ek gaan nie vir julle sê dat die konyn vleis proe net soos hoender nie,  want dit is nie die geval nie, alles hang af van die resep wat jy gebruik.

Ek wil jul graag aanbeveel om jul eie navorsing te doen oor die voordele van konyn vleis.

Ek het nou al konyn vleis gekook, pastei gemaak, in die oond gebak, maar die mees gewildste tot dusvêr was verseker die gebraaide konyn! Ek sal dus begin deur hierdie resep met julle te deel:

Bestanddele:

  • 1 Konyn, in porsies gesny20160828_134821
  • 2 suurlemoene
  • 1 koppie Worcester sous
  • 1/4 koppie suiker
  • 1/4 koppie sonneblom/kanola olie
  • 1/2 koppie fyn gekapte koljander
  • 1 fyn gekapte ui
  • 1 fyn gekapte knoffelhuisie
  • 1 teelepel komyn saad
  • 1 teelepel fyn brandrissie

Metode:

  • Halveer die twee suurlemoene, en druk die sap uit in ’n groot genoeg bak om jou vleis in te marineer.  Gooi ook die oorblywende skille in die bak.
  • Voeg nou die Worcester sous en die suiker by.  Roer die mengsel totdat al die suiker opgelos is.
  • Voeg die olie, koljander, ui, knoffel, komyn en brandrissie by en meng goed.
20160828_134724
  • Plaas die konyn porsies in die marinade en maak seker dat al die porsies deeglik bedek is met die marinade.
20160828_135050
  • Maak die bak toe, en laat die vleis marineer vir enige iets van ’n half uur tot 12 ure.  Hoe langer, hoe beter.
  • Sodra die braaivleis kole reg is, kan jy die vleis opsit en braai totdat deur gaar is.
DSCN0018
DSCN0023

Geniet dit!

DSCN0030

Ons wil graag hoor wat jul opinie is rondom konyn vleis, sowel as hierdie resep!

Groete

Leanie