Die droog van brood

Omdat ek byna elke dag brood bak is daar gereeld stukkies brood wat oorbly en dit is gewoonlik te min om ’n ete van te maak. Dan is dit ook lekkerder om vars gebakte brood  te eet as ou  brood. Die meel wat ek gebruik is van koring wat nie geneties gemanipuleer is nie en daarom probeer ek om nooit daarmee te mors nie, so het ek toe besluit om broodkrummels te maak.

Die brood het ek gedroog in my 12V droër.

Brood in droer

Ek het wel een fout gemaak en party van die snye bietjie dik gesny, as gevolg daarvan was al die brood nie gelyk droog nie.  Die dikste snye het amper drie dae geneem om te droog, waarvan die droër net twee dae gedurende die dag buite in die son gestaan het, want die ander dag was dit bewolk en het dit die aand wel gereën.
Indien ek die brood dunner snye gesny het, sou dit moontlik net twee dae geneem het en as die droër ’n ingeboude hittebron gehad het, sou dit moontlik ook vinniger geneem het.

Dit klink vreeslik dat dit twee tot drie dae geneem het om die brood te droog, ek kon dit in ’n paar uur in die oond gedroog het maar die hele verskil is dat dit byna niks gekos het om dit te droog nie aangesien ek net die battery weer moet herlaai teenoor die koste van die oond se element. Die ander bonus om die battery te gebruik is dat my droog proses nie deur beurtkrag beïnvloed  word nie. As ek nou ’n son paneeltjie vir die droër gehad het, dan was dit gratis om dit te droog in die dag en dan moes ek net in die aand die droër op die battery gekoppel

Gedroogde brood

Daarna het ek die brood in my meuletjie gemaal om dit so fyn as moontlik te kry.

Broodkrummels

Ek stoor die broodkrummels in ’n lugdigte houer en gebruik soos ek dit nodig kry.

Ek gebruik dit in viskoekies, maalvleis koekies en selfs bo-op gebakte geregte saam met botter en kaas om ’n korsie bo-op te maak.

Ek hoop dat die artikel jou ook inspireer om jou eie broodkrummels te maak en sien uit daarna om te hoor hoe jy die droog sowel as die gebruik van jou broodkrummels ervaar het!

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>