Die Boervrou Uitgawe 9

Goeiedag Leser,

Die eerste drie maande van die nuwe jaar is werklik in een oogwink verby.

Van ons vorige nuusbrief af het ons 4 nuwe lesers by gekry!

Baie welkom by Die Boervrou – ons hoop dat julle sommer lekker saam met ons hier gaan kuier en inligting deel!

Ons het ook nou ‘n profiel op Instagram en julle kan ons gerus gaan volg deur op hierdie skakel te klik: INSTAGRAM

Stuur gerus vir ons wenke en idees wat ons weer in die volgende nuusbriewe kan plaas of klik op die skakel onder in die nuusbrief om jou kommentaar te plaas.

Indien jy nie reeds ingeteken het op die nuusbrief nie, teken gerus in deur op die onderstaande skakel te klik, sodat dit outomaties vir jou gestuur word en jy geen artikel mis nie!

Ons sien uit daarna om van jou te hoor!

Baie groete,
Leanie & Mariette


Tuin take vir April

Hier volg weer ’n nuttige lysie van tuin take vir April.

In die groente en kruie tuin:

Plant:

Beet, blaarslaai, blomkool, brokkoli, dill, ertjies, kool,

Read more.


Alles in een pot – Blomkool en Patat Sop

Dagsê Lesers,

Vanoggend het dit lekker gereën en dit is koel – regte winter weer. So toe besluit ek sop is net die regte ding en nie sommer enige sop nie – my alles in een pot blomkool en patat sop!
Ek hou baie daarvan want ek maak soos die naam sê alles in een pot en dit is vinnig om te maak.

Hier is die resep:

Twee middelslag patats, geskil en in blokkies gesny
1 gemiddelde grootte blomkool, in stukke gebreek

Read more.


Hekel Wenk – Ouma blok

Dagsê Lesers,

Vandag deel ek ’n hekel wenk!

Ek is deel van ’n hele paar hekel groepe op Facebook en sien gereeld dat mense vra hoekom hulle Ouma blok motief skeeftrek. Nou ja baie mense het teorieë oor die saak maar ek het besluit om verdere ondersoek in te stel.

Ek het hierdie twee voorbeelde gehekel:

Die roomkleur Ouma blok het ek na

Read more.


Nuutste toevoeging tot die winkel – Baba trui

Dagsê Lesers,

Ek is heel opgewonde om die nuutste toevoeging tot ons aanlyn winkel met julle te deel.

Hierdie baba trui is heel uniek met sy pragtige strepies en ouma blok motiewe. Dit pas ook perfek by die baba sokkie stelle wat alreeds in die aanlyn winkel beskikbaar is.

Baba Truitjie – Groen en Room / Baby Jersey – Green and Cream

Die baba trui pas vir

Read more.


Winkel

Gaan loer gerus na die ander handgemaakte items  in ons aanlyn winkel deur op die knop te klik.

 

 


Kommentaar

Klik gerus op die onderstaande skakel om kommentaar te lewer op die nuusbrief:

Kommentaar


Argief

Klik op die onderstaande skakel om al die vorige nuusbriewe te gaan lees:

Argief


Facebook

Sluit gerus aan by ons groep op Facebook, om op hoogte te bly met al die nuwe plasings!

Sluit aan knop