Die Boervrou Uitgawe 7

Goeiedag Leser,

September het so vinnig verbygegaan dat ons hierdie uitgawe heeltemal laat uitstuur.

Ons vrugtebome kreun onder die drag van vrugte die seisoen en ons hoop dat die vrugte vlieë, goggas en voëls vir ons ook genoeg sal los om genoeg in te maak vir die jaar se voorraad.

Ons het in hierdie uitgawe ook ons eerste konyn resep geplaas en hoop dat ons terugvoer daaroor sal ontvang.
Stuur gerus vir ons wenke en idees wat ons weer in die volgende nuusbriewe kan plaas of klik op die skakel onder in die nuusbrief om jou kommentaar te plaas.

Indien jy nie reeds ingeteken het op die nuusbrief nie, teken gerus in deur op die onderstaande skakel te klik, sodat dit outomaties vir jou gestuur word en jy geen artikel mis nie!

Teken in

Ons sien uit daarna om van jou te hoor!

Baie groete,
Leanie & Mariette


BLOUREENTuintake vir Oktober

Dagsê Lesers,

Hier volg weer ’n nuttige lysie van tuin take vir Oktober.

In die groente en kruie tuin:

Plant:

Aartappels, artisjokke, aspersies, basielkruid, beet, blaarslaai, dill, echinacea, eiervrugte, kattekruid, koljander,

Read more.


Gebraaide KonynDSCN0030

Goeie dag lesers

Ek was aanvanklik erg skepties om konyn vleis te eet!  Ons het wel onlangs begin om dit te eet, en ek is aangenaam verras oor hoe maklik dit is om gaar te maak en  hoe lekker dit is!  As jy kan hoender vleis gaar maak, kan jy konyn vleis gaar maak.  Ek gaan nie vir julle sê dat die konyn vleis proe net soos hoender nie,  want dit is nie die geval nie, alles hang af van die resep wat jy gebruik.

Read more.


aartappel-koekiesAartappel koekies

Dagsê Lesers,

Hierdie resep is nou voorwaar ’n wenner in ons huis. Ek maak dit gewoonlik saam met ontbyt in plek van aartappelskyfies. Ons het dit tot al saam met braaivleis geëet en dit bly heerlik!

Ons gebruik nie graag kookolie nie en daarom maak ek die koekies in uitgebraaide skaapvet gaar, wat ons self uitbraai.

Hier is die resep:

Bestanddele:

500ml (240g) geskilde, grof gerasperde aartappel

Read more.


koeksister-gewone-regDroë Koeksisters

Dagsê Lesers,

Oor die algemeen eet ons nie graag koeksisters nie, omdat dit te soet en stroperig is na ons sin. Hierdie koeksisters is ’n treffer in ons huis omdat hulle nie so vreeslik stroop trek soos gewone koeksisters nie en daarom het ons dit die naam droë koeksisters gegee.

Hier is die resep:
Bestanddele:

Deeg:
500g bruismeel
2ml sout

Read more.


SKOON PLEKMATJIESVlek behandelings middel

Dagsê Lesers,

Vandag is ek weer baie opgewonde om my vlek behandeling resep met julle te deel. Eerstens wil ek net sê dat hierdie resep net werk vir wit wasgoed en dat dit die nie gebruik kan word met wasgoed wat enige kleur in het nie – nee nie eens daardie vadoek van jou met die een blou strepie op nie!
Ek het ’n stel wit plekmatjies en het altyd gesukkel om hulle wit te hou tot ek hierdie fantastiese resep gekry het. Nou sal ek met ’n geruste hart ’n bottel beet slaai oopmaak en ek weet as ek of my gaste dalk op die plekmatjies mors, sal ek dit weer skoon kry.

Hier is die resep:

Bestanddele:

2 eetlepels koeksoda
1 eetlepel sunlight skottelgoedseep

Read more.


V-STEEK SERPGehekelde Serp – V- Steek

Dagsê Lesers,

Ek is mal oor serpe en dra selfs in die somer serpe – natuurlik van ligte materiaal of ’n gehekelde kant serp. Ek het so ’n versameling van serpe en as ek enige iets hekel wat net min of meer lyk na ’n serp dan vra my man al: “Ek hoop nie daardie is nog ’n serp nie?” Ek glo nie ek sal ooit genoeg serpe hê nie…

Ek was saam met Leanie na die wol winkel en kon nie by die mooi wol verbystap nie – nodeloos om te sê stap ek toe daaruit met die wol in die hand en natuurlik gaan hekel ek toe ’n serp!

 

Ek het 2 balle van 50g Elle Fairy’s Delight (kleur: Zarina) gebruik en die serp is net 1.5meter lank. Indien jy van ’n langer serp hou sal ek voorstel dat jy drie balle gebruik. Ek het ’n 3.5mm hekelpen gebruik.

Read more.


Kommentaar

Klik gerus op die onderstaande skakel om kommentaar te lewer op die nuusbrief:

Kommentaar


Argief

Klik op die onderstaande skakel om al die vorige nuusbriewe te gaan lees:

Argief

Facebook

Sluit gerus aan by ons groep op Facebook, om op hoogte te bly met al die nuwe plasings!

Sluit aan knop