Die Boervrou Uitgawe 6

Goeiedag Leser,

Ons is so bly dat die lente uiteindelik aangebreek het! Ons het reeds begin om saailinge te maak vir die nuwe plantseisoen en kan nie wag dat dit warm genoeg buite is om dit uit te plant nie. Laat weet gerus vir ons wat jy alles gaan plant hierdie seisoen.

In hierdie nuusbrief het ons ’n skakel geplaas waarop jy kan klik en dit sal jou herlei na ’n blad waar jy jou kommentaar op hierdie nuusbrief kan lewer. Die skakel is onder aan hierdie nuusbrief.

Ons het ook ’n argief blad geskep waar al die vorige nuusbriewe geplaas is, sodat jy dit kan lees indien jy dit gemis het.

Indien jy nie reeds ingeteken het op die nuusbrief nie, teken gerus in deur op die onderstaande skakel te klik, sodat dit outomaties vir jou gestuur word en jy geen artikel mis nie!

Teken in knop

Stuur gerus jul kommentaar, per epos na info@boervrou.co.za

Baie groete,
Leanie & Mariette


Tuintake vir PERSKE BLOEISELS

Dagsê Lesers,

Hier volg weer ’n nuttige lysie van tuin take vir September.

In die groente en kruie tuin:

Plant:

Aartappels, aspersies, basielkruid, beet, blaarslaai, blomkool, brokkoli, dill, echinacea, eiervrugte, ertjies, kattekruid, koljander, komkommers, komkommerkruid, kool, marjolein,

Read more.


KATTEKRUIDKattekruid

Dagsê Lesers,

My katte is absoluut gek oor Kattekruid. Elke kat is ook maar anders en my een kat sal dit net in haar koekies eet, terwyl die ander twee die blare net so eet. Hier kan mens nie ‘n oop kattekruid buite los nie – daar sal nie eens ‘n worteltjie van hom oorbly nie. Dus staan daar ‘n paar potjies in die huis en die res is in ons tonneltjie geplant sodat dit beskerm is teen die koue en katte!
Kattekruid (Nepeta cataria) sal soos laventel, bye en skoenlappers na jou tuin toe lok. Asook natuurlik katte!

Plant en Groei:

Kattekruid is ‘n baie geharde meerjarige plant. Kattekruid hou van son of gedeeltelike skadu.
Jy kan kattekruid ook naby jou groente plant aangesien dit sekere kewers sal verjaag en plantluise hou ook nie daarvan nie. Dit kan ook met sukses in houers geplant word.

Die mees algemene kattekruid (Nepeta Cataria)

Read more.


Omskakelings TabelOmskakelings Tabel

Goeie dag Lesers

Ons het almal resepte wat deur die generasies heen saam met ons kom en dan is die bestanddele se hoeveelhede nog in die ou mates gelys!  Of jy kry ’n resep op die internet en die bestanddele is gelys in impiries mates.  Nou ja, ek weet nie van julle nie, maar ek kan verseker nie omskakelings verhoudings uit my kop onthou nie.

Ek het dus ’n omskakelings tabel geskep wat afgelaai kan word deur op die skakel hieronder

Read more.


VOORVoegbry Reiniger

Goeie dag lesers

Vandag deel ek met jul ’n resep wat my baie gelukkig maak!  Sowat ’n jaar gelede het ons ’n lappie grond van ons eie gekoop.  Saam met dit kom toe ook ’n huis, wat glad nie sleg is nie, die heel grootste frustrasie wat ek wel met hierdie huis gehad het (tot en met vandag), was die teëls en meer spesifiek die voegbry oftewel “grout” tussen in.

Soos jul kan sien in die foto’s hieronder,  dit is ’n nagmerrie om dit ligtelik te stel.

Nadat ons twee maande terug ingetrek het en uiteindelik klaar uitgepak het,  het ek besluit tot hiertoe en nie verder nie!  Navorsing het begin om die probleem so organies en goedkoop as moontlik op te los en daar was baie informasie beskikbaar.

Ek het toe eerstens begin met die volgende resep en metode:

Benodighede:

  • Halwe koppie Koeksoda
  • 20ml 12% sterkte Waterstofperoksied (“Hydrogen Peroxide”)
  • ’n ou tandeborsel
  • Plastiek Handskoene

Read more.


Algemene Reiniging SproeiAlgemene Reiniging Sproei

Dagsê Lesers,

In my poging om meer onafhanklik te raak, minder vullis te genereer en om koste te spaar het ek hierdie algemene reiniging sproei begin gebruik. Ek koop meeste bestanddele in grootmaat en het sodoende net die een sak om van ontslae te raak as die hope boksies en papiersakkies. Byvoorbeeld as ek een 25 kg sak koeksoda koop het ek een sak waarin dit verpak is teenoor die 50 boksies en papier sakkies wat ek sou hê as ek die 500g boksies in die supermark sou gekoop het. Om nie eens te praat van die koste wat ek gesny het nie. Die supermark vra 250% tot 300% meer vir koeksoda as die winkel waar ek dit in grootmaat aankoop.

Let daarop dat hierdie algemene reiniging sproei nie geskik is om graniet skoon te maak nie. Asyn kan die afwerking beskadig. Gebruik altyd eerder ’n reiniger wat nie asyn bevat nie.

Die resep:
400ml lou water
10 mℓ koeksoda

Read more.


MELKTERTMelktert

Dagsê Lesers,

Die heel eerste keer wat ek ‘n melktert gebak het, het ek hierdie resep gekry en ek gebruik nog steeds dieselfde resep. Ons is baie lief vir melktert en al moet ek dit nou self sê is die melktert regtig vir my die lekkerste. Vandag deel ek hom met julle en ek hoop dat julle hom net so baie sal geniet soos ons.

Bestanddele vir kors:

125g Botter, kamertemperatuur
125ml Suiker
1 Eier, geklits
500ml Koekmeel
10ml bakpoeier
Knypie sout

Read more.


Kommentaar & Argief

Ons het onlangs agtergekom dat daar ‘n tekortkoming op die webwerf is. Daar is geen plek vir lesers om kommentaar te lewer op die nuusbrief nie! Ons het vinnig die probleem opgelos en sommer ook ‘n argief blad geskep waar jy al die vorige nuusbriewe kan lees.

Klik gerus op die onderstaande skakel om kommentaar te lewer op die nuusbrief:

Kommentaar

Of klik op die onderstaande skakel om al die vorige nuusbriewe te gaan lees:

Argief

Facebook

Sluit gerus aan by ons groep op Facebook, om op hoogte te bly met al die nuwe plasings!

Sluit aan knop