Die Boervrou Uitgawe 4

Goeiedag Leser,

Kan jy glo dat ons al by ons vierde uitgawe is!  En hy is net betyds hier vir die heerlike lente.

Hierdie maand het ons iets nuuts wat ons hoop vir jou baie gaan help om jou tuin hierdie somer in ʼn lushof te omskep.  Ons artikel oor tuintake vir September is die eerste, van wat ons hoop, nog baie gaan wees.  Hierdie artikel is geskryf met die doelwit om die raaiwerk uit tuinmaak te haal, en ons almal gefokus te hou op wat regtig belangrik is.  Op die manier spaar jy jouself tog net baie moeite, frustrasie en geld. Ons kan nie wag vir jul terugvoering oor die artikel nie.

Die ander artikel waaroor ons baie opgewonde is, is die wasgoedseep artikel.  Veral aangesien albei van ons van hierdie resep gebruik maak en maande laas wasgoed seep gekoop het. Nie net pas dit jou sak beter nie, maar dit is ook baie minder nadelig vir die natuur.

Indien jy nie reeds ingeteken het op die nuusbrief nie, teken gerus in deur op die onderstaande skakel te klik, sodat dit outomaties vir jou gestuur word en jy geen artikel mis nie!

Teken in knop

Ons hoop dat jy en jou familie ʼn fantastiese lente sal hê!

Stuur gerus jul kommentaar, per epos na info@boervrou.co.za

Baie groete,

Leanie & Mariette


RoosmarynROOSMARYN

Goeie dag Lesers.

Roosmaryn is sekerlik een van die mees gewildste kruie in die kombuis.  Die opsies is eindeloos vir hierdie veeldoelige plant.  Die blare kan vars of gedroog  by enige dis gevoeg word, van hoender tot skaap tot groente geregte.  Die takke waarvan die blare verwyder is, kan gebruik word in plaas van ’n sosatie stokkie om heerlike sosaties te maak vir die braai.   Of jy kan selfs die gedroogte takke tussen die kole gooi om al die gebraaide kos ’n unieke smaak te gee.

Selfs al is roosmaryn so gesog in die kookkuns is een van grootste redes om ’n roosmaryn plant aan te skaf sekerlik vir sy medisinale gebruike;  Die Antieke Grieke en Romeine het geglo dat roosmaryn ’n heilige plant is.  Gedroogde roosmaryn blare en roosmaryn essensiële olies is in die vroeë Egiptiese grafkelders gevind.  Gedurende die groot plaag was roosmaryn gebruik as ’n ontsmettings middel.

Read more.


Tuintake vir SeptemberAARTAPPEL_PLANT

Dagsê Lesers, Hierdie tyd van die jaar wanneer alles begin groei en groen word, jeuk ‘n mens se vingers darem om tuin te maak! Hier volg ‘n handige lysie van take wat in die tuin verrig kan word in September. Kattekruid In die groente em kruie tuin: Aartappel PlantPlant: Aartappels, artisjokke, aspersies, basielkruid, beet, blaarslaai, dill, eiervrugte, ertjies, kattekruid, koljander, komkommers, komkommerkruid, kool, marjolein, …

Read more.


WasgoedseepWASPOEIER_PIENK

Dagsê Lesers,

Onlangs het ek begin wonder oor hoe baie reinigingsmiddels mens self kan maak.
In ’n poging om meer onafhanklik en beter selfonderhoudend te raak het ek stadig aan begin oplees oor waspoeier en wasgoed versagmiddel.

Daar is faktore wat ’n rol speel in die bestanddele wat jy in jou waspoeier moet sit soos byvoorbeeld die hardheid van die water.

Ons het harde water en dit beteken dat daar baie kalsium en magnesium in die water teenwoordig is. Harde water maak seep minder effektief so as jy die water kan sagter maak gaan jou seep beter werk. As jy sagte water het dan het jy nie nodig om ’n ekstra bestanddeel in jou seep te sit nie en dit sal net so effektief wees!

Om die water te versag het jy sout nodig. Gewone growwe sout is piekfyn en moet asseblief nie die sout vervang met Epsom sout nie – dit is nie dieselfde ding nie inteendeel gaan dit die water nog harder maak want Epsom sout bevat baie magnesium en dit is juis deel van die probleem!

Read more.


Die droog van broodBROOD_IN_DROER

Dagsê Lesers,

Omdat ek byna elke dag brood bak is daar gereeld stukkies brood wat oorbly en dit is gewoonlik te min om ’n ete van te maak. Dan is dit ook lekkerder om vars gebakte brood  te eet as ou  brood. Die meel wat ek gebruik is van koring wat nie geneties gemanipuleer is nie en daarom probeer ek om nooit daarmee te mors nie, so het ek toe besluit om broodkrummels te maak.

Die brood het ek gedroog in my 12V droër.

Read more.

 


Die droog van tamaties: Bykomende inligting.GEDROOGDE_TAMATIES

Dagsê Lesers,

Eergister het ek dit vir die eerste maal gewaag om self tamaties te droog. Inligting wat nie bespreek is in die vorige artikel nie, (klik gerus hier vir die vorige artikel) is die tamatie se skil. Ek verwyder altyd eers die skil van die tamaties voordat ek ’n tamatie en uie sous maak omdat ek nie daarvan in die sous …

Read more.


Die droog van groenboneGROENBONE_IN_DROER

Dagsê Lesers,

Ek het nou ook vir die eerste keer groenbone gedroog!
Dit was baie maklik en die voordeel daarvan is dat dit nou min spasie opneem en lank gestoor kan word.

Om die bone te droog het ek die bone eers goed afgewas en dit voorberei soos wat ek dit normaalweg sou doen.

Read more.


Facebook

Sluit gerus aan by ons groep op Facebook, om op hoogte te bly met al die nuwe plasings!

Sluit aan knop


Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>