Bestanddele:
- 500ml Koekmeel
- 50ml Fyn Gemmer
- 5ml Fyn Kaneel
- 2.5ml Koeksoda
- 2ml See Sout
- 250ml Suiker
- 80ml Stroop
- 1 eier
- 180g Botter
- Bruin suiker om koekies in te rol
Metode:
Sif die koekmeel, gemmer, kaneel, koeksoda en sout saam
In aparte bak, meng die botter en suiker tot lig en romering.
Meng die eier apart met 'n vurk. Voeg die eier byr die botter mengsel en meng baie goed. Voeg die stroop by.
Voeg die helfte van die meel mengsel by en meng baie goed. Voeg nou die res van die meel mengsel by en meng tot 'n deeg gevorm het.
Maak klein balletjies en rol dit in die bruin suiker. Plaas op 'n gesmeerde bakplaat. Dit is nie nodig om die balletjies plat te druk nie - dit word self platter soos dit bak.
Bak vir ongeveer 15 minute teen 180 ° C.
Laat afkoel op 'n draad afkoel rakkie en stoor in 'n lugdigte houer.
Ek het die resep hoog en laag gesoek. Tant Sannie het altyd die spesefieke koekies gebak. Heerlik!!!!
Goeiedag Bernadine,
Ons is baie bly dat jy ons kom besoek het en die resep opgespoor het.
Lekker bak!
Ek soek al lank na die resep!!! Baie dankie. Ek gaan dit beslis Bak!! Baie dankie!!
Goeiedag Bernadine,
Baie bly dat ons kon help? Geniet dit, hulle is BAIE lekker.
Groete.
Gaan probeer defnitief
Ek gaan die koekies probeer hier in Kanada vir Kersfees gebak vir vriende!
Ek het al soveel ander probeer en net nie reg nie!
Ek hoop die een vervul my kinderjare herhinneringe!
Goeiedag Lydia,
Geniet die koekies! Laat weet gerus hoe jy dit gevind het.
Groete.