Tuin take vir September

Dagsê Lesers,

Hier volg weer ’n nuttige lysie van tuin take vir September.

Roosmaryn

In die groente en kruie tuin:

Plant:

Aartappels, aspersies, basielkruid, beet, blaarslaai, blomkool, brokkoli, dill, echinacea, eiervrugte, ertjies, kattekruid, koljander, komkommers, komkommerkruid, kool, marjolein, mielies, orego, pampoen, patat, radyse, rissies, roket, salie, seldery, soetrissies, spanspek, spinasie, skorsies, stam- en rankbone, stevia, tamaties, vinkel, waatlemoen & wortels.

In die blomtuin:

Plant:

Asters, celosias, dahlias, gazanias, josefskleed, kappertjies, petunias & salies.

Ander tuin take:

• Spuit vrugtebome vir vrugtevlieg sodra ongeveer 80% van die bloeisels afgeval het.
• Haal digte meerjarige blomme en siergrasse uit en verdeel hulle.
• Gaan stutte van hoogblommende plante (soos ridderspore ) na.
• Verwyder voortdurend dooie blomme van lenteblommende plante.
• Verdeel ook winterblommende vetplante, grondbedekkers en aalwyne.
• Indien jy nog nie rose na hulle snoei gevoed het met kunsmis nie, doen dit nou.
• Snoei heinings en vorm plante.

Lekker tuinmaak!

Mariette

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>