Hekel klas – Hoek tot hoek (C2C) geruite kombers

Dagsê Lesers,

Ons bied ’n hekel klas aan by Gedeelte 13, Delarey,
Tarlton, Gauteng op die 11de Augustus 2018 van 9:00 tot 13:00.

In hierdie klas gaan jy leer hoe om die hoek tot hoek blokkies (C2C)
aanmekaar te hekel deur die vaswerk soos jy vorder metode te gebruik
en hoe om ’n mooi randjie om jou kombers te hekel. Die kombers is
70 x 70 cm groot.

Die klas koste beloop R250 en al die wol is daarby
ingesluit om die kombers te maak asook ’n ligte ete.
Bring jou eie 4 mm hekelpen saam.
Bespreking is noodsaaklik sodat ons die nodige voorbereiding kan
tref vir eet- en drinkgoed sowel as genoeg wol stelle!

Skakel vir Mariette by 072 362 0947 of stuur ons ’n epos
na info@boervrou.co.za om te bespreek.

Aanwysings na die plek waar die klas aangebied word, sal verskaf
word sodra bespreking bevestig is.

Kom geniet die dag saam met ons!

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>