Tuin take vir Junie

Dagsê Lesers,

Hier volg weer ’n nuttige lysie van tuin take vir Junie.

In die groente en kruie tuin:

Plant:
Ertjies & radyse.

In die blomtuin:

Plant:
Heuningblomme.

Ander tuin take:

Voed suurlemoenbome.
Plant nuwe wingerdstokke.
Behandel houtbanke en dekke deur dit af te skuur en met ’n bewaarmiddel te verseël.
Maak tuingereedskap skoon en herstel dit.
Nou is ook die perfekte tyd om potte wat se verf lelik is, af te skuur en oor te verf.


Dinge gedoen in Mei

Dagsê Lesers,

Mei maand het omtrent verbygevlieg! Ek kan byna nie glo dat die eerste week van Junie ook reeds verby is nie.

Ek het gedink ek deel sommer net met julle al die dinge wat ek gedoen het in Mei maand sowel as die items wat ek gemaak het.

Ek het ’n hele klomp smeerwortel plante verdeel en weer in plant sakkies geplant. Ek sal hulle wel in die lente uitplant as ek uiteindelik besluit het waar ek dit wil vestig. Die rede dat ek dit nou in plant sakkies geplant het, is omdat dit heeltemal doodryp bo die grond in die winter hier waar ons bly en nou kan ek dit beskerm vir die winter en as dit aanhou groei kan ek die blare solank begin oes en droog  – die idee is om te begin om ons eie hoender voer te meng (ek het nog nie ’n resep nie en doen nog eers navorsing ) Continue reading…