Tuin take vir Mei

Hier volg weer ’n nuttige lysie van tuin take vir Mei

In die groente en kruie tuin:

Plant:
Beet, blaarslaai, blomkool, brokkoli, ertjies, kool, koring, radyse, rape, roket, seldery & spinasie.

In die blomtuin:

Plant
Gazanias, gousblomme, leeubekkies, Namakwalandse madeliefies & wilde leeubekkies

Ander tuin take:

Snoei oorgroeide klimplante en sny dooie groei uit.
Voed lenteblommende bolle.
Begin om rypgevoelige plante snags toe te maak.
Maak hardehout steggies van immergroen en bladwisselende struike.
Bestel tulpe by die bolkwekers en plant dit sodra jy dit ontvang.
Gebruik steeds blare wat van bome afval as deklaag, maar los van die blare onder die bome om ook as deklaag vir die bome te dien.

Lekker tuinmaak!

2 Responses to “Tuin take vir Mei”

  1. Charl Bahlmann

    Ons familie geniet jul website, jul getag by ons facebook page: Klein Begin Heuning. Gaan verseker die Roosmaryn stiggies in heuning prober as dit werk gaan ek plant dat dit goed gaan. Ons familie hou van tuin maak prober al die weird dinge in die lewe en doen dit soos ons goed dink – my ma gese ek het groen vingers en kan n besem stok laat groei, lol.

    Reply
    • Goeiedag Charl,

      Baie bly om te hoor dat julle die webwerf geniet.
      Ons sal ook julle Facebook blad besoek!
      Dankie vir die ondersteuning.

      Groete,
      Mariette.

      Reply

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>