Hekel klasse van 12 en 19 Mei 2018

Dagsê Lesers,

Hier was dit vreeslik besig die drie laaste weke.
Ons het mos begin om hekel klasse aan te bied vir beginners.

Dit was baie pret, vir die van julle wat ons volg op Facebook en Instagram, julle het seker die foto’s reeds gesien.
Vir die van julle wat dit nog nie gesien het nie hier is ’n paar foto’s van die klasse en items wat gemaak is:

Een van die dames het besluit om ’n tweede rand om haar waslap te hekel wat baie mooi uitgekom het.

Die armband hekel klas vir kinders was net so lekker.

Die meisies het so goed gedoen en hulle armbande lyk pragtig!

Met die hekel klas van die armbande was die een meisie links! Die ding dat mense sê jy moet net oorkant iemand sit wat linkshandig is – het glad nie gewerk nie en ek moes baie vinnig begin links hekel. Ons het so bietjie gesukkel maar soos hul sê aanhouer wen en ons het dit bemeester!

My nuutste tydverdryf is om myself te leer links hekel!

Na die waslap en armband hekel klasse moes ek toe besluit wat is volgende vir die volgende klasse.
Nou ja ek het toe die volgende twee klasse ontwerp – een vir kinders en weer een vir beginners.
Die kinders sal leer om ’n ouma blok te hekel waarvan hulle dan ’n serp kan maak en die klas vir beginners sal ’n doilie maak, wat mens leer om in die rondte te hekel, hulle sal ook leer hoe om die krale in die doilie in te hekel!

Maar meer daaroor in my volgende artikel!

Mooi bly!

 

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>