Hekel klas vir kinders – 2 Junie 2018

Dagsê Lesers,

Ek is baie opgewonde om die volgende hekel klas se datum bekend te maak!

Ons bied ’n hekel klas aan by Gedeelte 13, Delarey,
Tarlton, Gauteng op die 2de Junie 2018 van 9:00 tot 13:00.

In hierdie klas gaan hulle leer hoe om ’n ouma blok te hekel waarmee hulle ’n serp kan maak.
Hulle sal ook leer hoe om kleure te verander en los drade netjies weg te werk.

Die klas koste beloop R200 en al die wol is daarby ingesluit om die serp te maak asook ’n ligte ete.
Bespreking is noodsaaklik sodat ons die nodige voorbereiding kan tref vir eet- en drinkgoed sowel as genoeg wol stelle!
Beginner hekel stelle kan apart aangekoop word teen R50 per stel.

Skakel vir Mariette by 072 362 0947 of stuur ons ’n epos na info@boervrou.co.za om te bespreek.

Aanwysings na die plek waar die klas aangebied word, sal verskaf
word sodra bespreking bevestig is.

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>