Hekel klas vir beginners – 9 Junie 2018

Wil jy leer hekel?
Ons bied ’n beginners klas aan by Gedeelte 13, Delarey,
Tarlton, Gauteng op die 9de Junie 2018 van 9:00 tot 13:00.

In die klas sal jy ’n pragtige katoen doilie hekel. Jy sal leer hoe om ’n geskrewe
patroon te volg en jy sal ook leer hoe om die krale in jou doilie in te hekel.

Die klas koste beloop R200 en die katoen gare en krale is daarby
ingesluit asook ’n ligte ete.

Bespreking is noodsaaklik sodat ons die nodige voorbereiding kan tref vir eet- en drinkgoed sowel as genoeg katoen gare stelle!

Beginner hekel stelle kan apart aangekoop word teen R50 per stel.

Skakel vir Mariette by 072 362 0947 of stuur ons ’n epos na info@boervrou.co.za om te bespreek.

Aanwysings na die plek waar die klas aangebied word, sal verskaf word sodra bespreking bevestig is.

Kom geniet die dag saam met ons!

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>