Hekel klas vir beginners – 9 Junie 2018

Wil jy leer hekel?
Ons bied ’n beginners klas aan by Gedeelte 13, Delarey,
Tarlton, Gauteng op die 9de Junie 2018 van 9:00 tot 13:00.

In die klas sal jy ’n pragtige katoen doilie hekel. Jy sal leer hoe om ’n geskrewe
patroon te volg en jy sal ook leer hoe om die krale in jou doilie in te hekel.

Die klas koste beloop R200 en die katoen gare en krale is daarby Continue reading…


Hekel klas vir kinders – 2 Junie 2018

Dagsê Lesers,

Ek is baie opgewonde om die volgende hekel klas se datum bekend te maak!

Ons bied ’n hekel klas aan by Gedeelte 13, Delarey,
Tarlton, Gauteng op die 2de Junie 2018 van 9:00 tot 13:00.

In hierdie klas gaan hulle leer hoe om ’n ouma blok te hekel waarmee hulle ’n serp kan maak.
Hulle sal ook leer hoe om kleure te verander en los drade netjies weg te werk. Continue reading…


Hekel klasse van 12 en 19 Mei 2018

Dagsê Lesers,

Hier was dit vreeslik besig die drie laaste weke.
Ons het mos begin om hekel klasse aan te bied vir beginners.

Dit was baie pret, vir die van julle wat ons volg op Facebook en Instagram, julle het seker die foto’s reeds gesien.
Vir die van julle wat dit nog nie gesien het nie hier is ’n paar foto’s van die klasse en items wat gemaak is:

Een van die dames het besluit om ’n tweede rand om haar Continue reading…


Tuin take vir Mei

Hier volg weer ’n nuttige lysie van tuin take vir Mei

In die groente en kruie tuin:

Plant:
Beet, blaarslaai, blomkool, brokkoli, ertjies, kool, koring, radyse, rape, roket, seldery & spinasie. Continue reading…


Suurdeeg Pizza

Dagsê Lesers,

Vandag deel ek weer ’n heerlik resep.

Hierdie suurdeeg pizza is nou regtig een van die lekkerste pizzas wat ek al ooit gemaak het.
Die olywe, tamaties en kaas ’n so ’n fantastiese kombinasie dat ons nie eens agterkom dat daar geen vleis op is nie!

Suurdeeg Pizza

Hier is die resep:
Pizza deeg:
625ml Koekmeel
250ml Water
5ml Kits gis Continue reading…