Hekel klas vir beginners

Dagsê Lesers,

Wil jy graag leer hekel?
Ons bied ’n hekel klas aan vir beginners!

In hierdie klas gaan jy leer hoe om te hekel asook hoe om ’n geskrewe patroon te lees.
In die klas sal jy ’n pragtige katoen waslap hekel wat uit die 4 basiese hekel steke bestaan. Jy sal ook leer hoe om kleure te verander en los drade netjies weg te werk.

Die klas word aangebied op die plaas Gedeelte 13, Delarey, Tarlton – ongeveer 17 km uit Krugersdorp en ongeveer 18 km buite Magaliesburg. (Waarvan 4 km uit grondpad bestaan vanaf Krugersdorp of 2 km vanaf Magaliesburg)

Die klas koste beloop R200 en al die benodighede is daarby ingesluit – asook ’n ligte ete.

Klas sal aangebied word op die 12de Mei 2018 van 9:00 tot 13:00.
Bespreek vroegtydig sodat ons die nodige voorbereiding kan tref.

Skakel ons gerus by 072 362 0947 of stuur ons ’n epos na info@boervrou.co.za om te bespreek.

Kom geniet die dag saam met ons!

Groete

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>