Lees jy etikette? Deel 1

Dagsê Lesers,

Net voor ek die artikel begin vra ek om verskoning vir al die engelse terms in die artikel maar het besluit om dit so te skryf aangesien dit is wat op die etikette staan.

Lees jy etikette? Die etikette aan die balle wol of gare wat jy aankoop om mee te hekel of brei!

Op die etikette van die wol of gare wat jy aankoop is BAIE belangrike informasie en tot onlangs het ek self ook nie die etikette aandagtig nagegaan VOOR ek die wol of gare aangekoop het nie. Continue reading…


Hekel klas vir beginners

Dagsê Lesers,

Wil jy graag leer hekel?
Ons bied ’n hekel klas aan vir beginners!

In hierdie klas gaan jy leer hoe om te hekel asook hoe om ’n geskrewe patroon te lees.
In die klas sal jy ’n pragtige katoen waslap hekel wat uit die 4 basiese hekel steke bestaan. Jy sal ook leer hoe om kleure te verander en los drade netjies weg te werk.

Die klas word aangebied op die plaas Gedeelte 13, Delarey, Tarlton – ongeveer 17 km uit Krugersdorp en ongeveer 18 km buite Magaliesburg. (Waarvan 4 km uit grondpad bestaan vanaf Krugersdorp of 2 km vanaf Magaliesburg)

Die klas koste beloop Continue reading…