Hekel Wenk – Ouma blok

Dagsê Lesers,

Vandag deel ek ’n hekel wenk!

Ek is deel van ’n hele paar hekel groepe op Facebook en sien gereeld dat mense vra hoekom hulle Ouma blok motief skeeftrek. Nou ja baie mense het teorieë oor die saak maar ek het besluit om verdere ondersoek in te stel.

Ek het hierdie twee voorbeelde gehekel:

Die roomkleur Ouma blok het ek na elke ry omgedraai en soos julle kan sien, is dit heeltemal reguit en glad nie skeefgetrek nie!

Die bruinrooi kleur Ouma blok het ek nie omgedraai na elke ry nie en die hele tyd net aan die eenkant gewerk en soos julle kan sien is dit baie skeefgetrek!

Die opsomming van die saak is dat mens altyd jou ouma blok motief moet omdraai na elke ry sodat mens nie net aan die eenkant werk nie sodoende sal die werk nie skeeftrek nie!

Ek hoop dat julle die hekel wenk ook interessant vind.

Lekker Hekel!

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>