Nuutste toevoeging tot die winkel – Baba trui

Dagsê Lesers,

Ek is heel opgewonde om die nuutste toevoeging tot ons aanlyn winkel met julle te deel.

Hierdie baba trui is heel uniek met sy pragtige strepies en ouma blok motiewe. Dit pas ook perfek by die baba sokkie stelle wat alreeds in die aanlyn winkel beskikbaar is.

Baba Truitjie – Groen en Room / Baby Jersey – Green and Cream

Die baba trui pas vir Continue reading…


Hekel Wenk – Ouma blok

Dagsê Lesers,

Vandag deel ek ’n hekel wenk!

Ek is deel van ’n hele paar hekel groepe op Facebook en sien gereeld dat mense vra hoekom hulle Ouma blok motief skeeftrek. Nou ja baie mense het teorieë oor die saak maar ek het besluit om verdere ondersoek in te stel.

Ek het hierdie twee voorbeelde gehekel:

Die roomkleur Ouma blok het ek na Continue reading…


Alles in een pot – Blomkool en Patat Sop

Dagsê Lesers,

Vanoggend het dit lekker gereën en dit is koel – regte winter weer. So toe besluit ek sop is net die regte ding en nie sommer enige sop nie – my alles in een pot blomkool en patat sop!
Ek hou baie daarvan want ek maak soos die naam sê alles in een pot en dit is vinnig om te maak.

Alles in een pot – Blomkool en Patat Sop

Hier is die resep:

Twee middelslag patats, geskil en in blokkies gesny
1 gemiddelde grootte blomkool, in stukke gebreek Continue reading…


Plekmatjie stel – groen

Dagsê Lesers,

Ons het nou ook die plekmatjie stelle in hierdie mooi room en groen kleur.

Die stelle is gemaak van 100% katoen gare en is masjien wasbaar in koue water op die delikate stelling van jou wasmasjien.
Moet nie die plekmatjies tuimel droog nie.
Klik gerus op die onderstaande skakel om na die plekmatjies in ons aanlyn winkel te kyk.

Plekmatjie Stel – Groen / Placemat Set – Forest Green

Groete!