Blomme in my tuin – Desember 2017

Dagsê Lesers,

Op hierdie fantastiese somerdag het ek gevoel ek wil ’n paar foto’s met julle deel van blomme in my tuin.

Blomme in my tuin

Oral waar ek gaan, pluk ek stiggies en maak my eie plantjies – dit is so erg dat ek al selfs ’n snoeiskêr in my handsak het! (Wat my man vir my gekoop het!)

Ek het ’n klein versameling van plante oor die laaste paar jaar bymekaargemaak en probeer sovêr moontlik die wetenskaplike name van die plante leer. Dit is vir my baie lekker om my plantjies te identifiseer. Ek weet dat baie mense nie daarvan hou nie – maar plante het so baie algemene name dat ek naderhand geen idee het van watter plant daar gepraat word nie. Dit is ook baie makliker om meer inligting oor ’n sekere plant te kry as mens die wetenskaplike naam het, soos of die plant hou van skadu of direkte sonlig en wat vir my baie belangrik is, Continue reading…


Spesiale Spoegdoek

Dagsê Lesers,

Ons is baie opgewonde om ons nuwe item bekend te stel!
Ons maak nou ook spoegdoeke wat borduur word met een van vier prentjies, sowel as baba se naam.
Die spoegdoek word dan ook al om die rand gehekel om die doek mooi af te rond.

Spoegdoek – Eendjie

Klik gerus hier om die aanlyn winkel te besoek om al vier die motiewe te sien.
Hou gerus die webwerf dop vir nog items wat ons binnekort bekend sal stel!

Groete.



Produkte nou beskikbaar

Dagsê Lesers,

Ons het baie opwindende nuus – ons het ‘n aanlyn winkel begin!

Klik gerus hier om na die produkte te kyk

Ons gebruik vir die begin net die diens van Postnet Toonbank tot Postnet Toonbank om die produkte te versend en werk daaraan om in die toekoms nog aflewerings dienste by te voeg.
Ons hoop dat julle die aanlyn koop ondervinding sal geniet.

Lekker koop!