Aartappel koekies

Dagsê Lesers,

Hierdie resep is nou voorwaar ’n wenner in ons huis. Ek maak dit gewoonlik saam met ontbyt in plek van aartappelskyfies. Ons het dit tot al saam met braaivleis geëet en dit bly heerlik!

aartappel-koekies

Ons gebruik nie graag kookolie nie en daarom maak ek die koekies in uitgebraaide skaapvet gaar, wat ons self uitbraai.

Hier is die resep:

Bestanddele:

500ml (240g) geskilde, grof gerasperde aartappel Continue reading…


Vlek behandelings middel

Dagsê Lesers,

Vandag is ek weer baie opgewonde om my vlek behandeling resep met julle te deel. Eerstens wil ek net sê dat hierdie resep net werk vir wit wasgoed en dat dit die nie gebruik kan word met wasgoed wat enige kleur in het nie – nee nie eens daardie vadoek van jou met die een blou strepie op nie!
Ek het ’n stel wit plekmatjies en het altyd gesukkel om hulle wit te hou tot ek hierdie fantastiese resep gekry het. Nou sal ek met ’n geruste hart ’n bottel beet slaai oopmaak en ek weet as ek of my gaste dalk op die plekmatjies mors, sal ek dit weer skoon kry.

SKOON PLEKMATJIES

Hier is die resep:

Bestanddele:

2 eetlepels koeksoda
1 eetlepel sunlight skottelgoedseep Continue reading…


Gebraaide Konyn

Goeie dag lesers

Ek was aanvanklik erg skepties om konyn vleis te eet!  Ons het wel onlangs begin om dit te eet, en ek is aangenaam verras oor hoe maklik dit is om gaar te maak en  hoe lekker dit is!  As jy kan hoender vleis gaar maak, kan jy konyn vleis gaar maak.  Ek gaan nie vir julle sê dat die konyn vleis proe net soos hoender nie,  want dit is nie die geval nie, alles hang af van die resep wat jy gebruik. Continue reading…