Gehekelde Serp – V- Steek

Dagsê Lesers,

Ek is mal oor serpe en dra selfs in die somer serpe – natuurlik van ligte materiaal of ’n gehekelde kant serp. Ek het so ’n versameling van serpe en as ek enige iets hekel wat net min of meer lyk na ’n serp dan vra my man al: “Ek hoop nie daardie is nog ’n serp nie?” Ek glo nie ek sal ooit genoeg serpe hê nie…

Ek was saam met Leanie na die wol winkel en kon nie by die mooi wol verbystap nie – nodeloos om te sê stap ek toe daaruit met die wol in die hand en natuurlik gaan hekel ek toe ’n serp!

V-STEEK SERP

 

Ek het 2 balle van 50g Elle Fairy’s Delight (kleur: Zarina) gebruik en die serp is net 1.5meter lank. Indien jy van ’n langer serp hou sal ek voorstel dat jy drie balle gebruik. Ek het ’n 3.5mm hekelpen gebruik. Continue reading…


Tuintake vir September

Dagsê Lesers,

Hier volg weer ’n nuttige lysie van tuin take vir September.

PERSKE BLOEISELS

In die groente en kruie tuin:

Plant:

Aartappels, aspersies, basielkruid, beet, blaarslaai, blomkool, brokkoli, dill, echinacea, eiervrugte, ertjies, kattekruid, koljander, komkommers, komkommerkruid, kool, marjolein, Continue reading…


Omskakelings Tabel

Goeie dag Lesers

Ons het almal resepte wat deur die generasies heen saam met ons kom en dan is die bestanddele se hoeveelhede nog in die ou mates gelys!  Of jy kry ’n resep op die internet en die bestanddele is gelys in impiries mates.  Nou ja, ek weet nie van julle nie, maar ek kan verseker nie omskakelings verhoudings uit my kop onthou nie.

Ek het dus ’n omskakelings tabel geskep wat afgelaai kan word deur op die skakel hieronder Continue reading…


Kattekruid Koekies

Dagsê Lesers,

Vandag deel ek my kattekruid koekie resep met julle. Ek bak die koekies bêre dit in ’n glas bottel in die kombuis op die kas. My katte kom sit in die vensterbank as ek in die kombuis besig is en dan gee ek vir hulle elkeen ’n koekie deur die venster… gelukkige katte! (Hulle eet dit so gou op dat dit nog nooit kans gekry het om sleg te word nie)

KATTEKRUID KOEKIES

Hier is die resep:
¾ Koppie Koekmeel
½ Koppie Volgraanmeel Continue reading…


Kattekruid

Dagsê Lesers,

My katte is absoluut gek oor Kattekruid. Elke kat is ook maar anders en my een kat sal dit net in haar koekies eet, terwyl die ander twee die blare net so eet. Hier kan mens nie ‘n oop kattekruid buite los nie – daar sal nie eens ‘n worteltjie van hom oorbly nie. Dus staan daar ‘n paar potjies in die huis en die res is in ons tonneltjie geplant sodat dit beskerm is teen die koue en katte!
Kattekruid (Nepeta cataria) sal soos laventel, bye en skoenlappers na jou tuin toe lok. Asook natuurlik katte!

Plant en Groei:

Kattekruid is ‘n baie geharde meerjarige plant. Kattekruid hou van son of gedeeltelike skadu.
Jy kan kattekruid ook naby jou groente plant aangesien dit sekere kewers sal verjaag en plantluise hou ook nie daarvan nie. Dit kan ook met sukses in houers geplant word.

KATTEKRUID
Nepeta Cataria

Die mees algemene kattekruid (Nepeta Cataria) Continue reading…


Melktert

Dagsê Lesers,

Die heel eerste keer wat ek ‘n melktert gebak het, het ek hierdie resep gekry en ek gebruik nog steeds dieselfde resep. Ons is baie lief vir melktert en al moet ek dit nou self sê is die melktert regtig vir my die lekkerste. Vandag deel ek hom met julle en ek hoop dat julle hom net so baie sal geniet soos ons.

MELKTERT
Melktert

Bestanddele vir kors:

125g Botter, kamertemperatuur
125ml Suiker
1 Eier, geklits
500ml Koekmeel
10ml bakpoeier
Knypie sout Continue reading…


Tuintake vir Augustus

Dagsê Lesers,

Hier volg weer ’n nuttige lysie van tuin take vir Augustus.

PIETERSIELIE

In die groente en kruie tuin:

Plant:

Aartappels, aspersies, basielkruid, beet, blaarslaai, blomkool, brokkoli, dill, echinacea, eiervrug, ertjies, kattekruid, koljander, kool, komkommerkruid, marjolein, mielies, orego, pampoen, pietersielie, radyse, rape, rissies, roket, salie, seldery, spanspek, spinasie, soetrissies, stevia, tamaties, vinkel, waatlemoen & wortels.

In die blomtuin:

Plant:

Gladiolas, heuningblomme, kannas, kosmos & spinnekop lelies.

Ander tuin take:

  • Plant ook wilde rabarber.
  • Voed lentebolle
  • Bedek alle beddings met ’n vars laag kompos
  • Indien jy nog nie jou rose gesnoei het nie, doen dit nou en voed dit met ’n roos kunsmis.

Lekker tuinmaak!

Mariette


Voegbry Reiniger

Goeie dag lesers

Vandag deel ek met jul ’n resep wat my baie gelukkig maak!  Sowat ’n jaar gelede het ons ’n lappie grond van ons eie gekoop.  Saam met dit kom toe ook ’n huis, wat glad nie sleg is nie, die heel grootste frustrasie wat ek wel met hierdie huis gehad het (tot en met vandag), was die teëls en meer spesifiek die voegbry oftewel “grout” tussen in.

Soos jul kan sien in die foto’s hieronder,  dit is ’n nagmerrie om dit ligtelik te stel.

VOOR

Nadat ons twee maande terug ingetrek het en uiteindelik klaar uitgepak het,  het ek besluit tot hiertoe en nie verder nie!  Navorsing het begin om die probleem so organies en goedkoop as moontlik op te los en daar was baie informasie beskikbaar.

Ek het toe eerstens begin met die volgende resep en metode:

Benodighede:SKOONMAAK MIDDELS

  • Halwe koppie Koeksoda
  • 20ml 12% sterkte Waterstofperoksied (“Hydrogen Peroxide”)
  • ’n ou tandeborsel
  • Plastiek Handskoene

Continue reading…


Algemene Reiniging Sproei

Dagsê Lesers,

In my poging om meer onafhanklik te raak, minder vullis te genereer en om koste te spaar het ek hierdie algemene reiniging sproei begin gebruik. Ek koop meeste bestanddele in grootmaat en het sodoende net die een sak om van ontslae te raak as die hope boksies en papiersakkies. Byvoorbeeld as ek een 25 kg sak koeksoda koop het ek een sak waarin dit verpak is teenoor die 50 boksies en papier sakkies wat ek sou hê as ek die 500g boksies in die supermark sou gekoop het. Om nie eens te praat van die koste wat ek gesny het nie. Die supermark vra 250% tot 300% meer vir koeksoda as die winkel waar ek dit in grootmaat aankoop.

ALGEMENE REINIGING SPROEI

Let daarop dat hierdie algemene reiniging sproei nie geskik is om graniet skoon te maak nie. Asyn kan die afwerking beskadig. Gebruik altyd eerder ’n reiniger wat nie asyn bevat nie.

Die resep:
400ml lou water
10 mℓ koeksoda Continue reading…