Tuin take vir Maart

Dagsê Lesers,

Hier volg weer ’n handige lysie van tuin take vir die maand:

GROEN BONE FINAAL

In die groente en kruie tuin:

Plant:

Beet, blaarslaai, blomkool, bone, brokkoli, dill, ertjies, Continue reading…


Skottelgoedwasser Seep

Dagsê Lesers,

Ek is so opgewonde om my skottelgoedwasser seep resep met julle te deel.

Na maande van meng en toets en vele skottelgoedwassers vol skottelgoed wat steeds vuil was, het ek uiteindelik die resep wat werk vir my en hopelik ook vir julle!

Weereens het my seep resep geen boraks in nie. Klik gerus op die skakel, lees die artikel en vorm jou eie opinie oor boraks.

Die een ander ding wat ek kan sê oor die resep wat vir jou baie frustrasie gaan spaar is: DROOG JOU SOUT IN DIE OOND. Dit klink nou snaaks maar dit is ’n ding wat ek oor en oor ervaar het, net sodra die mengsel klaar gemeng is word dit so hard soos ’n klip! Sout het die manier om vog te trek (dit is hoekom daar ryskorrels in restaurante se soutpotjies is!) en al droog jy dit as jy dit koop – dit trek maar net weer vog. So die heel beste oplossing is om dit te droog voordat jy jou mengsel maak. Teen die tyd wat die sout weer begin vog trek behoort jou skottelgoedwasser seep op wees. Ek sprei die sout op ’n bakplaat en droog dit vir om en by 10 minute by 100 grade met die oond deur op ’n skrefie oop soos wat jy beskuit sal droog. Laat dit heeltemal afkoel (in die oond) en meng jou skottelgoedwasser seep.

Een van die bestanddele van die seep is sitroensuur wat nogal duur kan wees as mens dit in ’n gewone supermark koop. Ons het ’n winkel hier wat spesialiseer Continue reading…


Vloeibare Wasgoed Seep

Dagsê Lesers,

Verlede jaar het ons ’n artikel geplaas oor hoe om jou eie wasgoed seep te maak. Ons het wel agtergekom dat die seep nie altyd heeltemal oplos in die was nie en daarom het ons besluit om ’n vloeibare wasgoed seep te maak. Die seep is dan opgelos in die vloeibare seep en so kry jy al die krag van die seep in die was, waar jy dit nodig het.
Ek hou steeds nie van boraks nie en plaas weer die skakel vir julle oor boraks. Lees dit gerus en vorm jou eie opinie oor boraks.

Na ’n hele paar liter seep opgebruik is in my huis, het ek besluit dat dit is tyd dat ek resep met julle deel!

VLOEIBARE WASGOEDSEEP x

 

Hier is die resep:
1 koekie Sunlight seep (200g) gerasper Continue reading…