Gehekelde hartjie glasmatjies

Dagsê Lesers,

Ek het hierdie oulike gehekelde hartjie glasmatjies op die internet raak geloop en het besluit om dit met julle te deel.
Dit is ‘n baie eenvoudige patroon wat bestaan uit glipsteek, kettingsteke, kortbene en langbene.

Ek het Elle se “Premier natural cotton – 4ply” gebruik met ‘n 3mm hekel pen. Ek het uit een 50g bol van die genoemde hekel gare, sewe glasmatjies gehekel.

GLASMATJIES x

 

Afkortings:

ks – kettingsteek
kb – kortbeen
lb – langbeen
gs – glipsteek

Metode:

Maak 4 ks en sluit ring met ’n gs.

KETTINGSTEEK RING x

 

Ry 1: 2ks ( verteenwoordig een lb) , maak nog 14lb in ring, sluit met ’n gs in 2de ks van begin. Nou het jy 15 lb in die ring.

RY 1 x

 

Ry 2: 2ks, 1lb in dieselfde steek waarin jy die vorige rondte afgesluit het, 1lb in volgende lb, 2lb in volgende lb, 2 ks, *2lb in volgende lb, 1lb in volgende lb, 2lb in volgende lb, 2ks,* herhaal van * tot * nog drie keer. Heg met ’n gs in 2de ks van begin.

RY 2 x

 

Ry 3: 2ks, 1lb in dieselfde steek waarin jy die vorige rondte afgesluit het, 1lb in elk van die volgende 3 lb, 2lb in volgende lb, 2ks, *2lb in volgende lb, 1lb in elk van die volgende 3 lb, 2lb in volgende lb, 2ks,* herhaal van * tot * nog drie keer. Heg met ’n gs in 2de ks van begin.

RY 3 x

 

Ry 4: 2ks, 1lb in dieselfde steek waarin jy die vorige rondte afgesluit het, 1lb in elk van die volgende 2lb, 2lb in volgende lb, 1lb in elk van die volgende 2lb, 2lb in volgende lb, 2ks,* 2lb in volgende lb, 1lb in elk van die volgende 2lb, 2lb in volgende lb, 1lb in elk van die volgende 2lb, 2lb in volgende lb, 2ks* herhaal van * tot * nog drie keer. Heg met ’n gs in 2de ks van begin.

RY 4 x

 

Ry 5: Maak 8lb in derde lb vanaf pen, 1kb tussen 2lb van vorige ry (sien foto), 8lb in derde lb, 3kb in 2ks spasie. Herhaal die patroon tot al die harte se bokante gevorm is. Heg af.

IMG_8506 x

 

 

RY 5x

 

 

Werk al die los drade weg.

Ek het sommer ’n hele paar van die oulike glasmatjies gehekel.

VOLTOOI (2)xx

 

Laat weet ons gerus hoe jy die patroon gevind het. Ons sien uit daarna om ’n foto van jou gehekelde glasmatjies te sien.

Lekker hekel!

Mariette

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>