Die droog van patats

Dagsê Lesers,

Een van ons lesers het gevra of ons enige inligting het oor die droog van patats. Ek het daar en dan begin met die voorbereiding om patats te droog.

Omdat patats so maklik verkleur het ek heel eerste ’n bak met ’n volume van 1.5l geneem en vol water gemaak en 15ml suurlemoensap daarin gegooi. Daarna het ek die patats goed skoon gewas onder lopende water en begin om dit te skil. Met patats moet mens die heeltyd in suurlemoen water werk, met ander woorde jy moet byna elke keer wanneer jy aan hom skil of sny, die patat in die suurlemoensap water doop. Ek het met elke 5de haal van die groente skiller, die patat in die suurlemoen water gedoop, totdat die hele patat klaar afgeskil is.

PATATS IN SUURLEMOEN WATER x

 

In stede daarvan om die patat op ’n snybord te plaas en in skywe te sny, het ek dit so stuk vir stuk uit die suurlemoen water uitgehaal opgesny weer teruggeplaas in die suurlemoen water. Continue reading…


Gehekelde hartjie glasmatjies

Dagsê Lesers,

Ek het hierdie oulike gehekelde hartjie glasmatjies op die internet raak geloop en het besluit om dit met julle te deel.
Dit is ‘n baie eenvoudige patroon wat bestaan uit glipsteek, kettingsteke, kortbene en langbene.

Ek het Elle se “Premier natural cotton – 4ply” gebruik met ‘n 3mm hekel pen. Ek het uit een 50g bol van die genoemde hekel gare, sewe glasmatjies gehekel.

GLASMATJIES x

 

Continue reading…