Die droog van brood

Dagsê Lesers,

Omdat ek byna elke dag brood bak is daar gereeld stukkies brood wat oorbly en dit is gewoonlik te min om ’n ete van te maak. Dan is dit ook lekkerder om vars gebakte brood  te eet as ou  brood. Die meel wat ek gebruik is van koring wat nie geneties gemanipuleer is nie en daarom probeer ek om nooit daarmee te mors nie, so het ek toe besluit om broodkrummels te maak.

Die brood het ek gedroog in my 12V droër.

Brood in droer

Continue reading…


Roosmaryn

Goeie dag Lesers.

Roosmaryn is sekerlik een van die mees gewildste kruie in die kombuis.  Die opsies is eindeloos vir hierdie veeldoelige plant.  Die blare kan vars of gedroog  by enige dis gevoeg word, van hoender tot skaap tot groente geregte.  Die takke waarvan die blare verwyder is, kan gebruik word in plaas van ’n sosatie stokkie om heerlike sosaties te maak vir die braai.   Of jy kan selfs die gedroogte takke tussen die kole gooi om al die gebraaide kos ’n unieke smaak te gee.

Roosmaryn Kleiner

Selfs al is roosmaryn so gesog in die kookkuns is een van grootste redes om ’n roosmaryn plant aan te skaf sekerlik vir sy medisinale gebruike;  Die Antieke Grieke en Romeine het geglo dat roosmaryn ’n heilige plant is.  Gedroogde roosmaryn blare en roosmaryn essensiële olies is in die vroeë Egiptiese grafkelders gevind.  Gedurende die groot plaag was roosmaryn gebruik as ’n ontsmettings middel. Continue reading…


Wasgoedseep

Dagsê Lesers,

Onlangs het ek begin wonder oor hoe baie reinigingsmiddels mens self kan maak.
In ’n poging om meer onafhanklik en beter selfonderhoudend te raak het ek stadig aan begin oplees oor waspoeier en wasgoed versagmiddel.

Daar is faktore wat ’n rol speel in die bestanddele wat jy in jou waspoeier moet sit soos byvoorbeeld die hardheid van die water.
Ons het harde water en dit beteken dat daar baie kalsium en magnesium in die water teenwoordig is. Harde water maak seep minder effektief so as jy die water kan sagter maak gaan jou seep beter werk. As jy sagte water het dan het jy nie nodig om ’n ekstra bestanddeel in jou seep te sit nie en dit sal net so effektief wees!

Om die water te versag het jy sout nodig. Gewone growwe sout is piekfyn en moet asseblief nie die sout vervang met Epsom sout nie – dit is nie dieselfde ding nie inteendeel gaan dit die water nog harder maak want Epsom sout bevat baie magnesium en dit is juis deel van die probleem! Continue reading…


Die droog van tamaties

Dagsê Lesers,

Tamaties kan ook met sukses gedroog word.
Nou ja mens kan nou seker nie ’n slaai van die tamatie maak as dit eers gedroog is nie, maar mens kan as dit weer gehidreer is ’n tamatie en uiesous daarvan maak, of dit in ’n bredie sit of selfs in ’n sop gebruik.


Hier is die inligting wat ons leser, Fanie van Wyk aan ons gestuur het aangaande die droog van tamaties.

Hierdie tamaties was 3.5kg.

Tamatie 1

En lyk so na dit gedroog is.  Continue reading…


Die droog van kosse

Dagsê Lesers,

Met die beurtkrag wat tans geïmplementeer word, het ons begin wonder oor alternatiewe metodes om kos te stoor.

Mens kan baie goed natuurlik verwerk en inlê, maar dit is nie die enigste oplossing nie!
Kos kan ook met baie groot sukses gedroog word. Daar is baie video’s op die internet oor hoe om voedsel suksesvol te droog en ons het bietjie ondersoek gaan instel.

Omdat ons self een maal gedroogde groente gekoop het en dit so te sê oneetbaar was, was ons baie skepties. Een van ons lesers het vir ons ’n houertjie gedroogde boontjies gegee en nadat ons dit geproe het, was ons verbaas. As mens nie weet dat die bone voorheen gedroog was nie – sou jy dit beslis nie kon proe nie, nie soos die rou gedroogte groente wat ons gekoop het wat vol preserveer middels was nie.

Die groot geheim om jou eie groente te droog kom in by die gaarmaakproses. Continue reading…