Volgraan Droë Koeksisters

Dagsê Lesers,

Oor die algemeen eet ons nie koeksisters nie, omdat dit te soet en stroperig is na ons sin. Hierdie koeksisters is ’n treffer in ons huis omdat hulle nie so verskriklik stroop trek soos gewone koeksisters nie en daarom het ons dit  die naam droë koeksisters gegee.

Hierdie volgraan koeksisters mag dalk nie so aantreklik soos die gewone koeksisters lyk nie maar laat ek julle vertel hulle smaak heerlik!

Koeksister - volgraan

Hier is die resep:

Bestanddele:

Bruismeel:

4 x 250ml Volgraan meel (ek gebruik die soort wat nie Geneties gemodifiseerd is nie en deur ’n steen meule gemaal is sodat daar geen heel korrels in is nie.)
30ml Kremetart
15ml Koeksoda

Deeg:

300g volgraan bruismeel
2ml sout
1 groot eier
125ml water
5ml gesmelte botter
Kookolie vir diep braai

Stroop:

500ml suiker
250ml water
7.5ml gouestroop
6ml gliserien
2.5ml kremetart
knypie sout
1 stuk pypkaneel

Metode:

Bruismeel:

Meng die volgraanmeel met die koeksoda en kremetart. Roer baie goed deur met ‘n hand klitser te meng.
Gebruik nou soos gewone bruismeel.

Deeg:

Meng die bruismeel en sout saam.
Klits die eier en water saam. Maak ‘n holte in die meelmengsel en gooi die eiermengsel daarin. Voeg ook die gesmelte botter daarby en meng tot ’n sagte deeg. Knie deeg goed of knie met ’n menger. Bedek en laat vir 10 minute staan.
Kook intussen die stroop.

Stroop:

Plaas die suiker, water, gouestroop, gliserien, kremetart, sout en pypkaneelstukke in ’n groot kastrol en verhit dit tot kookpunt; roer dit een of twee keer om. Laat dit 7 tot 10 minute kook. Haal die stroop van die stoof af en laat effens afkoel.
Rol die deeg uit, sny in repe en vleg of draai. Of gebruik ‘n koeksister snyer as jy een het.
Braai die koeksisters in kookolie tot bruin. Skep hulle uit, dompel in die stroop en plaas op ’n draadrak. Verkoel die koeksisters voor opdiening.
Bewaar die wat oorbly in ’n toe houer in die yskas.

Geniet!

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>